DIE RUITERSTANDBEELD:

 
Tien dekades het hy bo die stad getroon
koper-brons torso – ruiter saal en toom,
bedrewe, kunstig op voetstuk vasgeheg
soldaat gepantser om vir sy land te veg.
 
Watter simboliek word aan ons oorgedra?
is daar ‘n dieper boodskap?  sou ons aan die maker vra.
die soldaat kyk fors,  fier  na links
na regs; oopgesperde neusvleuels; - die hings
 
Vir soveel jare  het hy vas bly staan
voetstuk van beton; met ankers in die rots geslaan
trotseer dit reën, hael,  wind
en weerlig wat ‘n teiken vind
 
Die pragstuk was te prominent
kolonialisme moet nou end
Die geskiedenisboeke word herskryf
deur jaloesie en afguns voortgedryf.
 
In die donker ure van die nag
verraad word gepleeg; misplaaste  mag
verwyder dit met  saag en lem
onkunde probeer die waarheid tem.
 
Magsmisbruik, venyn en haat
volg mekaar met raad en daad,
plaas dit waar dit niemand pla
Waar mense nie meer kan vrae vra.
 
Jurie Viljoen  Windhoek  Julie 2017