Die Vloekhoud
Nadat Lot en sy dogters uit Sodom ontvlug het het hul in 'n grot geslaap, waar die dogters vir Lot dronk gemaak het en by hom geslaap het. Lot het egter baie sleg gevoel en na sy oom Abraham gegaan en hom daarvan vertel. Hy sê toe ook dat hy hoop God sal hom en sy dogters hul sonde vergeewe. Abraham sê toe laas toe God en sy twee boodskapers hier was het hul hul "kieries" hier gelos. Vat die drie kieries gaan plant hul langs die Jordaan en dan gooi jy hul drie keer perdag nat en dan bid ek en jy elkekeer vir virgifnis en as die kieries dan bot dan weet ons jou en jou dogters se sonde is deur God vergewe. Lot doen toe so. Maar elke keer as hy gaan om die kieries nat te wil maak probeer die duiwel hom stop. Hy hou egter vol met natmaak en bid. En na drie dae bot die kieries. Lot het die drie kieries in eenbonel geplant. Die drie kieries was n Esenhoud , 'n Sederhoud en 'n Ebehoud. Toe die drie egter tegelyk bot het hy en Abraham God geloof en gedank. Die drie kieries het later n groot ingestrengelde "drogboom" geword. Maar elke keer as Lot of Abraham daar verby gaan het hul God gedank vir die vergifnis van Lot se sonde. Later toe die Israeliete uit Egipte daar verby kom het hul die boom herdoop as die "Vloekhoud boom" dit na anlyding van die Levietiese wette wat sê jy mag sekere dinge nie meng nie. En elke keer as hul dan daar verby gaan het hul , hul self heriner aan die sondes van Lot en sy dogters. Die storie gaan voort dat die dag toe Jesus gekruisig is het hul die boom afgekap en sy kruis daarvan gemaak om Hom extra te verneder deer Hom aan 'n onreine houdkruis te kruisig. "HY het aan n vloekhoud gehang".
Ek gee nie om of hierdie storie waar is of nie. Die lesse wat ek daar in leer is vir my goed genoeg. Wat vir die een n teken van Hoop en vergifnis is is vir die ander n teken van swakheid.
(c)Paul.S.Cloete. ~