Meraai
My Damaraland
glimmer goud lokkend
dansend uit die nag
speel sy spieëlbeelde
in vroegmôre dag
hardekool houte
en bruingebrande berge
diepspoor duine
en weggesteekte water
beskerm beskut
woestyn bewoner diere
martel en mergel maar
voed ook en vestig
grasgeel en vaalgroen
haar rok en haar hare
warrellende winde
dans haar lag oor die velde
uitgeput kom sy tot rus
in laatmiddag koelte
prisma pastelle pink tot pers
voor sy haar toevou in nagkombers
Meraai
WELKOM
Welkom in my persoonlike spasie.
Krap gerus rond, lees, deel en laat 'n boodskap.
Meraai is net nog 'n ongekultiveerde, kaalvoet woestynkind. Gebore in Namibia, hier grootgeword en buiten vir 'n paar omswerwinge - sal jy my nog steeds net hier vind.
Ek is soveel deel van die Namib as wat die Namib deel is van my - Ek het die Namib in my siel.