Marsofine Krynauw

1 week ago

Vrou
Wat lê tussen
toe en nou
wat het geword
van die vrou
die wese
deur God geskape
uit ‘n enkele ribbebeen
om te wees
sag
liefdevol
vol deernis
getrou
wat kon
troos
ondersteun
en bou
wat sonder skroom
haar gesin
oor die Drakensberge
sou dra
wat moeder was
maar ook minnaar
vir haar man
waarvan die hande
nie verkeerd
staan
om trane te droog
maar tog te erken
sy is vrou
sy is sag
sy is kwesbaar
sy vat voor
want sy het ‘n man
wat haar op lig
en versterk
sy het ‘n maat
die ander een
van haar geleende ribbebeen . . .

©Marsofine Krynauw

2 weeks ago
Malherbe Uitgewers-Publishers - Stemme uit Namibië - Namibiese Skrywers

So bevoorreg om 11 gedigte in hierdie prag bundel te hê. Baie dankie vir Marietjie Espach, Ria Opperman Kotze en Heleen Malherbe vir al hul harde werk om dit 'n werklikheid te maak.

Stemme uit Namibië - Namibiese Skrywers

2 weeks ago

TEMA: Ek wéét ek kán
Stem soos ‘n nagtegaal
©Marsofine Krynauw
“Oe, oe, oe, oe. Ah, ah, ah, ah. Ee, ee, ee!” Trek die klanke deur die hele huis. Blyda, staan voor haar spieël, en is besig om haar stem oefeninge te doen. Sy kyk na haar mond, haar lippe en haar hele gesig, hoe dit vertrek by elke nuwe klank. Sy glimlag skalks, gelukkig is sy alleen in die huis, want selfs vir haarself klink sy soos ‘n kat aan ‘n derm.
Sy hervat haar oefen sessie, begin by die lae oktawe en vat dit dan op tot daar bo waar haar suiwer mezzo sopraan stem op sy beste funksioneer.
Sy kan nog steeds nie glo dat sy byna daar is nie, daar waar sy op die verligte verhoog, voor duisende mense sal staan as die diva van die aand.
Skielik raak haar gesig stroef in die spieël voor haar – haar gedagtes het meteens jare terug gespring na daar waar sy ‘n standerd ses meisie in ‘n plattelandse hoërskool was. Waar sy die enigste kind in die skool was wie se ouers geskei was. Waar sy by haar tante aan haar vader se kant groot geword het, wat self reeds in haar sestigs was.
Sy onthou hoe sy in die skool koor gesing het, en die musiek en sangonderwyseres so beïndruk met haar stem was dat sy soms die solo’s met groot koor byeenkomste kon sing. Ongelukkig was dit ook al vergunning wat daar vir haar as kind van die minder gegoede stand was. Sy kon nie sangles neem nie, want haar ouers was nie van die ryk boere of haar pa was nie ‘n dokter of predikant nie. So sy moes maar met die krummels van koor sing en nou en dan ‘n solo tevrede wees om haar passie vir sing te bevredig.
Die hoogte punt vir haar gedurende haar skoolloopbaan was toe die musiek en sangonderwyser een maal met verlof was en hul hoof se vrou, wat self opera gesing het, haar gekies het om tydens die kersuitvoering in die kerk Maria te sing. Dit was die naaste wat sy aan opera gekom het tydens haar skool loopbaan.
Sy onthou nog soos gister hoe op haar senuwees sy was, hoe bang sy was dat sy nie betyds sou inval nie. Maar haar suiwer sopraan stem het die kerkgebou gevul op daardie aand.
Na skool het sy maar min geleentheid gekry vir sing. Sy het darem in kerkkore gesing waar sy ook al in gemeentes die geleentheid gekry het.
Eers jare nadat sy getroud en geskei is, het sy in Windhoek op geëindig. Eendag in die koerant gesien het dat die Konservatorium vir Kuns en Kultuur adverteer dat hul sang studente soek om oudisies te kom doen. Vir weke het sy gewonder, moet sy dit waag, of gaan hulle haar net weg stuur. ... See more

3 weeks ago

CARIN SMITH CLAASSEN
28.12.1958 - 17.7.2019

Vandag word jy te ruste gelê in ons geliefde Koekenaap. Naby jou aardse vader, die man wat net so lekker soos jy kon lag. Vandag gaan die wat jou laat huil het oor jou huil, maar ook die wat saam met jou gehuil het gaan huil en nog lank aanhou huil. Jy het diep spore van omgee in so baie harte getrap. Jou hart was om liefde te gee aan die wat swaarkry, aan die wat niks het om te gee, hul op te hef. Hul te leer sing en dans al was hul omstandighede hoe! Jy het ons almal 'n les van nederigheid en omgee vir ons medemens geleer, as ons dit maar net wil vat! Vir jou was jou medemens se aardse goed van geen waarde, want jy het meer belang gestel in hul hart. Ons Vader het vergoed jou seer kom stil, is waaraan ek my troos. Jou stem sal nooit stil wees en leef voort in 'tamaties lê ryp op die lande' en ander. Rus sag my sonskyn vriendin!!!!

1 month ago

Carin se begrafnis is Saterdag 27ste 10.30vm by AGS Kerk op Vredendal. Daarna begraafplaas toe op Koekenaap en tee en eetgoed by Gemeenskapsaal op Koekenaap.

1 month ago

Carin – huldeblyk

Sonskyn, borrelende, dansende vriendin
ek sien nog die lag in jou oё
die ondeunde glimlag om jou mond
ek hoor jou nog so duidelik sê
“dit is great”
nog hoor ek jou stem
as jy passievol praat
oor die kinders
wie se lewens jy
daagliks probeer verander
en raak
as jy opgewonde vertel
oor jou songs waaraan
jy besig is om te werk
hoe jul gaan dans, dans, dans
ek hoor nog jou lag
kop agteroor gegooi
uit jou maag –
van Koekenaap tot Karasburg
het jy harte in beslag geneem
vloei die trane nou
want waar jy
in ons harte was
is nou net ‘n groot massiewe gat
‘n leemte gelos
deur jou –
aan aardse rykdom
het jy jou nie gesteur
maar jou anker was
jou Vader en Heer -
onwetend het jy
so vele mense geraak
sonder om ‘n effort te maak
met jou alomteenwoordige persoonlikheid
“ek is Carin, vat my of los my”
maar niemand wou los . . .
almal geraak deur jou
lag en omgee mens
mense waarvoor jy lief was
beskerm
soos ‘n moeder hen
veilig onder jou vlerke –
hul bemin met jou omgee en liefde
hul in die holte
van jou hart gehou -
dan luister ek na jou eie woorde
“all alone”
en ek weet
almal van ons
sal jou verewig mis
maar sal nou
alleen, dag na dag
saam met ons herinneringe
van jou moet loop
loop tot die trane
nie meer oor ons wange rol
loop tot die pyn in ons harte afneem
maar vir my nooit sal stil . . .
dankie hartsvriendin van my
dankie vir die lag en deel
dankie dat ek jou lewe kon deel!!

©Marsofine Krynauw
22 Julie 2019

1 month ago

Carin
Vanaand
my laggende vriendin
het jy die stryd verloor . . .
jou stem is stil
jou lag
sal ons nooit nooit
weer hoor . . .
ek wou so graag
nog net een maal
jou hees
dog suiwer
stem hoor
maar in my hart
hartsvriendin
sal ek jou dra
sal ek saam
met jou
‘Tamaties lê rooi op die lande’
sing
oor en oor
na jou stem
op jou vele CD’s
luister
oor en oor
die trane
riviertjies voel vloei
oor my wag
soos ons geliefde
Olifantsrivier
jou stem is stil
jou lag sal
ons nooit nooit weer hoor

©Marsofine Krynauw
17 Julie 2019

1 month ago

Die bruid . . .

So
skoon
so
rein
so
mooi
Hy het haar
so gemaak -
‘n vrou
met arms en bene
slank
haar hoof
met hare
so mooi en lank
wimpers
wat soms
soos skerms
sluit
die poele van haar siel
te verbloem
sagte rosige mond
haar wapen
in liefde in haat
met rondings
haar geseën
wat haar sag
dog weerloos laat
so volmaak
en alles dit bekroon
met ‘n hart
wat wil bemin . . .
blank soos
die lelie van die velde
want is dit nie
Sy bruid hier!!!

Wat het van hierdie
vrou geraak . . .
wat het die wêreld
met haar gemaak . . .
moet sy daagliks
haar siel verpand
vir goedkoop plesier
verdoesel as liefde hier!!!!!
wanneer sal sy opstaan
en weer leef
soos die bruid
die bruid
deur God self gemaak!!!!
nie langer
haar liggaam laat misbruik
deur die leun
wat geensins
soos liefde lyk . . .

©Marsofine Krynauw
14 Julie 2019

1 month ago

Die Gemaskerde man is terug waar hy begin het . . . in Windhoek!!! Geen gevoel soos die van 'n nuwe boek in jou hand nie!!!

1 month ago

Wit roos

Blank wit blom
teer sag
broos
toe
ge
vou
blaar om blaar
word jou geur
bewaar
jou passie
om te blom
in wit
so saggies
toe
ge
hou
totdat jy
onder die son
se strale
dag na dag
tot volle
wasdom
kom
stadig, sag
blaar vir blaar
sorgvuldig ontvou
en blom
jou liefdes geur
in wit
vir mense oog
laat dou
laat stort
laat val
jou sagte wit
skoonheid wveral . . .
nog
roos
nog
broos
tog blank en mooi
in wit getooi . . .

©Marsofine Krynauw
12 Julie 2019
Skildery Igor Levashov

1 month ago

Vir al my vriendinne wat goeie moeders is -

SOUT
Sy is
die sout
van die aarde
die staatmaker
by haar werk
die moeder
wat nooit moeg
word van
dien
bedien
bederf
die vrou
altyd daar
getrou
aan haar man se sy
geen oggend
te vroeg
geen aand
te laat
die vriendin
wat altyd luister
en met raad bedien
word sy ooit
gesien
word sy ooit
waardeer
word sy soms
vasgehou
vir ‘n stille
dankie of hallo
word sy
respekteer
as vrou
of hoe
moet sy haar sout
behou!!!

©Marsofine Krynauw
12 Julie 2019

1 month ago

Prins op die wit perd . . .
Gaan jy
my prins
van vrede wees
gaan jy
my haal
met ‘n prag wit dier
regop en fier
met maanhare
in die wind
ek die passie voel
van hierdie dier
vibrasie
in elke spier
en waar ek
in jou arms
se kring sit
aanleun teen
jou bors
jou hart hoor
klop
soos die wit dier
se galop
en weet
die hart wat hier klop
klop vir my . . .
net vir my . . .
©Marsofine Krynauw
11 Julie 2019

1 month ago

Ek, die wind en see

Saggies
ligvoet
speels
waai jy
teen
my wit wasige
gordyne aan
verfris jou koel
see asem
my siel
was die
kommer en kwelling
weg
wit en lig
soos die moeselien
bloesie
nou nog
oor my stoel
wat ek reeds
sag strelend
teen my liggaam
voel
vly ek my neer
op wit op wit
om gans verfris
die blank en blou
deur my wit geraamde
kamervenster
te aanskou
jou minne lied
my oorspoel
soos die branders
van jou wit en blou . . .

©Marsofine Krynauw
11 Junie 2019

1 month ago
Foto's uit Marsofine Skryf se plasing

‎Martie Elizabeth Bezuidenhout‎ to Malherbe-Die Digtershuis
1 hr ·
WENNER VAN ONS UITDAGING
Vlinder-vrou

Nog vlinder nog vrou
toegevou tussen die blaaie
van gister en nou
tussen blydskap en rou
wil jy vlinder wees
of
vrou
jou storie opgeteken
in die blaaie rondom jou
die
vrou
of losbreek
van die blaaie
wat jou gevange hou
en vry dartel en draai
waar die wind jou waai
soos die vlinder
binne jou . . .

©Marsofine Krynauw
4 Julie 2019

met Pieter van Rooyen en Marcus Jorin Peters onderskeidelik tweede en derde. Veels Geluk julle!

Ons beoordelaar Anton Bosch, welbekende erkende digter bieg dat hy woes kopgekrap het tussen julle drie. Anton ons waardeer jou tyd, aandag en regverdige beoordeling sonder om kennis te dra van wie die digters is.

Baie dankie aan elke deelnemer vir julle pragtige puik gedigte.
Heleen Malherbe Philip Nel Louise Phillips Salome Oppermann Jessica Venter

1 month ago

Passie van die wind

As die wind
sy passie
oor die Namib vlaktes
uitspoeg
als verdwerg
tot ‘n skaduwee
van wat is
die son se bal
spookagtig
in die hemelruim
hang
die verdorde boom
alles stil aanskou
en weet
hier kan jy net
uit genade oorleef
hier waar die son
vel oor die vlaktes brand
hier waar die wind
stof oor die Namib vlaktes dra
sy passie uitspoeg
en alle laat
as net ‘n skaduwee
van wat was . . .

©Marsofine Krynauw
4 Julie 2019
Foto Retseh Kruger

1 month ago

Vlinder-vrou

Nog vlinder nog vrou
toegevou tussen die blaaie
van gister en nou
tussen blydskap en rou
wil jy vlinder wees
of
vrou
jou storie opgeteken
in die blaaie rondom jou
die
vrou
of losbreek
van die blaaie
wat jou gevange hou
en vry dartel en draai
waar die wind jou waai
soos die vlinder
binne jou . . .

©Marsofine Krynauw
4 Julie 2019
Foto internet

1 month ago

Stof tot nadenke!!!

Wat jy nie weet nie . . .

Hoe waar is die gesegde tog nie . . . maar jy besef dit eers as jy eendag begin ontleding doen oor hoekom jy so leeg voel, so voel of jy nie pas in die plek waar jy jouself bevind nie.
Maar hoekom het jy nooit voorheen so gevoel nie, was jy eintlik volgens jou, dood gelukkig! Hoekom sal mense jaar in en jaar uit leef en aangaan en glo hulle is gelukkig. Dan een mooi sonskyn of dalk onweer oggend, eensklaps besluit – hulle is nou nie meer gelukkig nie! Wat laat hul so besluit? Wat is die maatstaf waarmee hulle al die tyd hul geluk gemeet het en wat daaraan het verander?
Soos ‘n ou vroutjie wat saam met haar man, diep in ‘n woud gebly het. Daar het hulle eenvoudig geleef in ‘n huisie wat hul self aanmekaar geslaan het van hout wat hul self gekap en gesaag het. Hulle was baie trots op hul huisie, al het die dak gelek as dit reën, dan het hul maar net ‘n emmer onder gesit. Daar het hul geleef van wat hulle self uit die woed kon oes. Haar man het gejag en sy het bessies en vrugte bymekaar gemaak. Hulle het soos konings geleef. Daar het sy van vel vir hulle klere en komberse gemaak. Hulle het eenvoudig geleef, maar niks kort gekom nie. Daar was liefde en vrede en niks of niemand wat hul gehinder het nie. Hul geselskap was mekaar en die diere en voëls in die woud. Hul kos is op ‘n vuur gaar gemaak en hul water het hul van die stroom gekry wat deur die woud geloop het.
Toe word hul ontdek deur ‘n beampte wat die van bosbou. Hy kry hul dadelik jammer. Hoe kan ‘n mens so primitief leef, wonder hy by homself. Dit het hom etlike maande geneem om hul vertroue te wen, maar uiteindelik het hulle hom naby hul toegelaat. Na vele van sy besoeke, besluit hy, hy wil graag vir hul ‘n geskenk gee. Dit het hom lank geneem om te besluit wat hy moet doen. Dan besluit hy, hy sal hul een dag dorp toe neem en hul trakteer op ‘n ete, maar voor dit sal hy hul moet neem om klere te koop, hul albei na ‘n haarkapper neem om hul hare te laat sny en hul werklik net bederf.
Dit het hom nog ‘n maand of twee geneem om hul te ooreet om saam met hom te gaan, maar uiteindelik stem hul in.
Hierdie dag sou hul hele lewe verander!
Alles was baie vreemd vir hulle, maar omdat hulle nie die man wou laat sleg voel nie, het hul alles hul gemoedelik laat geval. Na die dag in die dorp, het hy hul na hul eenvoudige huisie in die woud terug gebring, nog met hul nuwe klere aan en hul netjies gekap te hare en ‘n ... See more

1 month ago

Die kraak in die muur

Soos ‘n nuut geboude huisie
was ons liefde eens
perfek en skoon
want niemand het nog daarin gewoon
ons sou dit mos versier
met mooi herinneringe
teen elke muur
ons harte het oorgeloop
want ons het ‘n seun verwag
ons vreugde was volmaak
maar stadig ongemerk
is die blink ruite van ons huisie
ontsier deur aaklige swart hande merke
vuil gevat ontsier
het ons liefde begin taan
en oral op die mure
het die merke toegeneem
oral op die mure het dit rond gestaan
drank misbruik
ontrou
geweld
so het ons nuwe huisie
meer en meer vervalle geraak
tot eendag sy ontsteld bemerk
die prys raak nou te duur
want daar was
‘n massiewe kraak in die muur
‘n kraak waardeur
die yswinde van haat
al hoe meer en meer huil
hoe sou sy hierdie kraak ooit weer kon herstel
waar sal sy die stene en sement kry
hierdie kraak toe te bou
wat hul huisie
se mure bymekaar sal hou
as al wat hul oor het
die kraak net daagliks groter maak
die trane het gevloei en opgehou
al wat oor was
was wantrou
weersin
en haat
op ‘n sonskyn môre
het die muur net omgeval
kon sy maar net
oor die rommel van hul liefde klouter
van wat eens hul nuwe huisie was
en alle, alles net agter laat . . .

©Marsofine Krynauw
25 Junie 2019

Digter staan buite die gedig

1 month ago
Leo Rojas - Celeste

Vry

Haar begeerte om te val
na vergetelheid te val
gestol deur die
suiwer fluit klanke
op die wind gedra
‘n belofte
van vry wees hier . . .
dan sien sy hom
trots en fier
wild en vry
volg sy hom
nooi sy hom
wil sy
soos hy
vryheid fier
sy hoefslag
haar hartklop maak
die spiere in sy liggaam
voel dans
op die fluit se
plolsend soete klank
smagtend reik sy
maar vry in gees
laat hy haar
net hunkerend
na hom staar . . .
dan draai die wind
word hy ook bekoor
deur soete klanke
gedra op die wind
die lewenspolsende minnelied
meteens
staan hy daar
daar voor haar
trots en fier
gewillig
om sy vryheid
met haar te deel
ook haar ritme te voel
sy hoefslag
in haar hart
te hoor
hul saam
passievol
voluit
vry
vryheid kan fier
net hier
geen begin
geen einde
net die suiwer klanke
wat hul ritmies dra
op die panfluit melodie . . .

©Marsofine Krynauw
24 Junie 2019

From the new album ''Albatross'(2013) http://www.leorojas.de https://www.youtube.com/watch?v=XOioZdnsYiA&list=PLNG8Nu7nduGNLF3t0Du2U71LX--HSROO3&index=1 Sele...

2 months ago

Lambertsbaai se strand

Grou grys soos die uur
is haar gemoed
as nostalgie
vlak in haar onthou
kom lê in hierdie uur
haar treë stol
soos die branders
wat dreunend
strand toe rol . . .
voel sy sag
sy hand hare omsluit
haar nader trek
teen sy bors aan
hulle oë weer soos toe
ontmoet
sy lippe hare teer
omsluit
wyl die branders
deining op deining
strand toe rol
staan hul in vergetelheid
geen wêreld
geen tyd
net hul liefde
soos die see
so onbeskryflik wyd
aanskou hul saam
die son se goud
wat deur die donker
wolke loer
die sand hier voor hul
goud verkleur
hier het tyd eens
vir hul stil gestaan
maar tyd het nou
lank reeds vergaan
hul liefde daarmee saam

kon sy maar
die tyd terug draai
die winde stol
wat hul spore weg waai
die branders vra
om hul liefde
terug
terug hierheen
van diep uit
die see te dra
hul weer hier kan staan
onbewus van die son
en die see
en die branders
wat om hul heen gaan . . .

©Marsofine Krynauw
19 Junie 2019

Foto Dries Dreyer

« 1 of 9 »

Woorde wat waai

“]

Om hierdie bundel te bekom:

teen N$ 150-00

Kontak vir Marsofine by

marsdrey@yahoo.com

Of los ‘n boodskap op blog of fb

https://www.facebook.com/Marsofine-Skryf-163290104621296/

 

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.