Marlene Erasmus

 

In die begin…  

Kleindogtertjie drome was nog altyd om “eendag” ‘n boek te skryf.

Tydens my laaste besoek aan haar, middel Augustus in Oudtshoorn in die ouetehuis het ek net weer opnuut besef:  “EENDAG” wil ek ‘n boek skryf …

Tydens my besoek aan haar is sy eetsaal toe om te gaan eet – natuurlik onder protes, want “Sus, hier is ons mos nou soos kinders in ‘n koshuis!”  Ek het deur haar Solly dagboek sit ek blaai en op ‘n stukkie afgekom wat sy in haar “oumens” handskrif geskryf het … Ek het dit neergeskryf en diep in my hart gebêre.

Na ons besoek het sy op die trappies van die Helen Bellinghof ouetehuis saam met ‘n matrone vir ons gewuif … Handjie in die lug – kompleet soos ‘n koninklike – wat sy in my oë was.

Min wetende dat sy presies veertien dae later na haar permanente woning sou gaan. Die Sondag toe ons op die plaas stop sien ek my pa se oë is bloedrooi en hoor ek die slegte nuus met afgryse aan. Ironies was die hele wêreld daardie Sondag in hartseer gedompel want die liefling Lady Di is in die vroeë oggendure oorlede.  

Daar was ek, wou my doodhuil oor ouma Lilly en almal het gehuil oor iemand wat hulle nie eers geken het nie.

Een naweek slaap ons by die Von Bach-dam net buite Okahandja en ek is vroegoggend op en stap rond en neem fotos.  Ek kyk op na die hemel, deur die takke van ‘n Acacia en Pappa Vader laat “gebeur” ‘n gedig binne my.  Ek staan verstom voor die wete dat ek met pen en papier of tegnologie vir die korrektheid daarvan, ‘n gedig kan skep!  Sommer baie voor-op-die-wa skryf ek in 2017 in vir die ATKV se Pluimpies en wen ‘n “Donsie”.  Jip – ek het kompleet soos ‘n kuikentjie in donsveertjies gevoel tussen die groot skrywer wat op daardie aand van 30 Junie 2017 hulle “Veertjies” en “Pluimpies” in ontvangs geneem het.

Ek is ekstaties opgewonde oor hierdie reis …

Hoop julle lees lekker saam.

Kies Hier…Portaal na my blog

https://plus.google.com/106696287563144228045

 

 

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.