Marietjie Steenkamp

1 year ago

Ons drink tee uit geblomde koppies
en eet koekies met jam
ons gooi ons koppe agteroor
en lag oor gister en vandag...

1 year ago

Suikervoëltjie.

Dunbek-blinkveer voëltjie;
jy suig suikersoet lekkerte uit my hibiscus blom.
Fladderend vertrek jy dan op jou tog
om dalkies later weer terug te kom.
Ek wens ek kon jou in die wieke volg
Op jou rug ry en sorgeloos,
my eufories oor die wêreld laat gly;

Maar al wat ek sien is rook en donker en duisternis
van`n mense- massa wat raas
breek en blaas
en barste in die aarde maak
……wat dik bloedrooi bloed laat loop soos gom
en ek kyk anderpad
En swyg …….. ja ek is doof en stom.

Naboom

Die Naboom staan in volle blom
ons weet nou Augustus het gekom
laaste maande van die jaar
nog twaalf van hulle het verjaar;
Met lang uitgestrekte vingers na bo
laat die wonderboom my glo
Jou andersgeit laat my verbaas
Dowwe groen, dik met dorings?
Maar jy is die een wat bo die
nder uit toring.

1 year ago
Die Namib Skryf – sonder grense – Waar alle Skrywers in Afrikaans bymekaarkom

Volg my op www.blog.namibskryf.com

Posted on 23rd October 2018As mens jou op onbekende paaie begewe As mens jou op onbekende tegnologiese paaie begewe, verdwaal jy in ‘n kuberwoestyn erger as die Namib

1 year ago
Herlewing in rou

Volg ons YouTube kanaal:-

https://www.youtube.com/channel/UC0uuq7ZsbTo95UeVQfjwxsw?view_as=subscriber

Prosa skets deur Christo du Plessis

2 kommentare op “Marietjie Steenkamp”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.