Marieta McGrath
Psalm in F
Ek wil ‘n vers skryf
Hy moet kragtig wees
siedende bitterals en magtelose gal
Daar moet ‘n eff-woord in wees
Dus :
Foeter die onreg
Laat die korruptes en verkragters
afkap
Foeter die moordenaars en veragters
wat ons mense se godsgesigte
afvat
Here, foeter hulle vandag
foeter hulle met voltrekking van tyd
slaat hulle tanne yt
en vergééf
my aandeel aan die onreg
©Marieta McGrath