Liza Daniells

Môre sê

Ja, ek weet dit, Bokkie my babie; ek weet ek’s ‘n aquired taste en defneslis nie almal se koppie tee, koffie, glas wyn; shooter of loopdop nie. Ek’s cheeky en rebels en onortedoks en dwars van die regering (kan nie help nie – I allways play against the house, it’s sort of a childhood thing with me) en ten spyte van my egalige temprament is my bloed soortvan Latino en…en…en…..

Nee, ek’s nie so geslaan nie – ek’s so gebore; eintlik meer ge-issue – soos hulle in die Army sou sê. En ek weet ek maak jou lam, Bokkie my babie; en ek piepie baie kere per ongeluk aspris op jou splinternuwe battery, en eks die spitfirebrommer met ‘n pienk helmet in jou DeepHeat.

Kan nie rêrig help dat my hart so wise-ass woernjaps is nie; en my vrouweesgemaak is te cheeky vir my reeds berugte reputasie. Ek weet al daai goedters

En per dalks gaan ek die Hemel se kortlys mis oor my hansgeit en my regom verdkeerom-manier van doen. Maar soos ek vir een (skyn)heilige tante gesê het toe sy my weet te vertel ek moet onthou sy’t ‘n direkte lyn Hemel toe; toe vra ek haar of sy per dalks dink ek bel kollekteer? Sy’t nie gedink ek’s oulik nie (min mense dink ek is), maar nouja:-)


En ek lief my Hero en my Meneer anderster (van klein dogtertjie-tyd al) – ek dans op my Hero se voete en kielie sterretjiestof uit Sy baard en dêps soentjies op Sy mond en gesig. En ek drink tee saam met my Meneer in Sy eie persoonlike Studeerkamer of op Sy Huis se grooooot stoep en ek klouter skaamteloss op Sy skoot…….en ek getuig anderster oor my God as wat die norm is.

Was eendag in groot moeilikheid omdat ek vir ‘n klomp beswaardes gesê het dat om traktate uit te deel en die sondaars te verdoem tot in die 3de verdieping van die Hel niks gaan help nie: Sit ‘n Bybelvers of ‘n bemoedigende boodskap of ‘n telefoonnommer van iemand wat omgee in ‘n kondoom en gaan deel dit uit aan die hookers en die junkies en sataniste en die verdwaaldes en die tieners; en kyk wat gaan die resultate wees!!!


JaJa; drink maar sterk suikerwater – ek staan Swaard op ‘n vuil ou Ghwarriegat en dit maak mens anderster dink.


Dus – vat my of los my. Ek is wat ek is en wie ek is en soos ek is; ge-issue en neergesit op ‘n Ghwarriegat. So kom ons klink ‘n glasie op ons vriendskap; of op jou wat my gaan verlaat…Prozit! En – soos hulle sê – In Vino Veritas.


Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag die Bluebird of happiness vandag oor jou kop vlieg sonder om ‘n pitstop te maak;-)


HeroLiefnes.
Liza

Volg my op Ghwarriegat Queen
https://www.facebook.com/lGhwarriegatQueen

Van Satynlakens tot TEERSTRATE – Liza Daniells (Net vir volwassenes, bevat kru taal)

https://www.malherbe-uitgewers.co.za/shop/product/331-satynlakens

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.