Lilly Benade

2 months ago
Foto's uit Lilly Skryf se plasing

Lyfies in n Jas...

Kop in een mus, nee... twee lyfies in n Jas...
Amper soos Vinkel en Koljander...maar...
hulle dink nie een soos die ander...
Luke sê...n mens doen dit nie so...
Ronaldo sê...kom ons doen dit net...
Twee lyfies in n Jas..
Ons pas maar ons lag..
Soms sit ons koppe bymekaar...
Soms hou ons nie eens van mekaar... maar ons pas in my ma se jas...
Ons mag nie se wie se jas...maar dit pas en ons is lekker warm in n Jas.

5 months ago

Liefde net anners...

Ek kyk na die hoop klere op my bed...wat sal ek aantrek...dit bly maar n vroumens ding...uiteindelik oppad, natuurlik met die rok heel onder die hoop klere. Dit is n aand van eet kuier en dans. Dit vat my terug na twintig dertig jaar gelede... Ek onthou....sal ons dans...wat is dan nou lekkerder as om te sweef op die dansvloer met n man wat jy van hou en n man wat weet hoe om voete reg neer te sit op die maat van musiek..dis vinnig en dis lekker....Ek dink terug aan my vriendin, sy het altyd gese as ons langpad ry....Vriendin speel dai nommertjies van ons, ons is alleen...en as sy so stil raak met ogies toe, glimlag oppi gesig en ek vra...en nou?..slaap jy?...dan se sy ..nee vriendin...ek dans...ek dans met n mooi man....ek onthou ."moonlight and roses"..n stadige vas dans...sy arms...sy warm asem,as hy saggies my hare wegdruk en in n fluister stem se...jys so mooi....niemand pas so perfek in my arms soos jy...Die volgende seer is so seer soos net n toon waaroor n half ton trok ry kan kry...askuus my ding...en ek vra toe sommer in dieselfde asem....het jy krag gekoop en die water betaal....hy se..ja ou dier...ek wou nog vra hoelaat moet ek more...Eina!!! sal jy nou ophou om so op my tone te staan en rond wals....dis dertig jaar later...dis nou...ons dans nog steeds...net n bietjie verder van mekaar...ons voorkoppe raak darem nog aan mekaar...en die..."jy pas perfek in my arms" het nou verander na... het jy onthou om die water te betaal...ou dier....nog steeds met liefde....
Lilly Moller Benade 6.julie 2019

9 months ago
Ria

Duimpie, deel en lewer kommentaar - groot asseblief op ons video en asseblief ook op die YouTube link. Ons het borge nodig om die 120 minute DVD te maak.

10 months ago

Dis net snaaks hoe mens soms kan skryf en alles net reg uitkom. Jy kan jou kop se dinge uitgooi en mooi neerle...elke mooi, lag en huil...my kop se biblioteek se deur is gesluit,die sleutel is weg...

1 year ago

Die ou lewe kan soms so omdop,kop onderstebo wees...soms voel dit asof n mens n berg op jou skouers dra...en op n dag...besef jy dai biblioteek op jou skouers mag maar swaar voel...daars boeke van onthou....boeke van liefde...boeke van baklei van spesiale vriende, van vyande... van vrede, boeke van kennis van geloof....die biblioteek met n toedeur...net jy alleen het toegang...die Vader het geweet hoekom net jy n sleutel het, net jy kan jou boeke lees en jou stories vertel...

1 year ago

Om te wil skryf.. my pen op te tel my boek skeef te draai en met my linkerhand te kribbel en krap... soos my gedagtes my lei.. sommer net so.. maar die vrees van gesoute skrywers wat tong rol en klap woorde rondgooi oppi regte plekke...ek wonner soms gebruik die mense penne met n graad...wies die skerpste die mens of die pen....gee vir my n pen met n graad en ek kan dalk net so woordeboek mooi skryf...

1 year ago

Toetspos - om fb feed te toets

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.