Die wêreld.
Waar op hierdie aardbol is daar 100% vrede?
Waar op hierdie aardbol waar ek en jy leef,is dit,soos ek en jy graag in vrede wil leef?
Patriotisme is daar niks mee fout nie.
Moet my nie verkeerd verstaan nie.
Elke kultuur het hul trots,wat van die mens op aarde is,al oorloë veroorsaak het,en tot vandag nogsteeds witwarm skouers skuur.
Ek praat van vrede.
100% vrede.
Almal tevrede.
Niemand stry nie.
Soos om net nooit meer oor enige iets bekommerd te wees nie.
Selfs nie eens ego twak nie.
Sê en wys my waar.
Ek pak nóu op en trek.
Maar niemand ken so n plek nie.
Maar....
Nou sê Dawie Pheiffer, as jy sé maar,dan kanseleer dit als uit wat jy voor die term en woord "maar.." gesê het..
Mag dalk so wees,maar dit is juis wat maar.. is.
N teenstelling.
Hier gaat ek.
Maar daar is tenspyte van alle negatiewe gebeurlikhede op dié aarde,vir solank as wat die selfbehepte ,magsbehepte,selfsugtige mensdom,met klem op dom,bestaan,
Altyd,maar altyd ook posetiewe dinge wat gebeur.
Jou ingesteldheid daarop,bepaal hoe jy deur die lewe gaan.
Dit is nou so.
Boosheid was en sal altyd daar wees.
Net so ook die dinge wat jou bly maak.
Goed laat voel.
En jou dra sodat jy lus voel om nog te lewe.
Hang af wat jy koester.
Leef en laat leef.
Vrede vir almal.
Sien net n Ciska Olivier.
Eks darm hier maar verder weet ek nie
staan net sterk Felix – hulp is oppad!
Welkom – Jy het dit tot hier gemaak. Nou tyd vir volgende stap.
Dankie