Felix Gunther

["error","Invalid subject for access token"]
3 weeks ago

Woorde ontbreek my,
Om te dig wat ek wil sê mooi uit te bring.
Dit wat in my gemoed maal,
Sukkel ek om te verwoord.

Om dit só te stel,sodat dit binne my n venster kry,
Vir n kykie vir ander in my siel,
Te openbaar aan die om my;

So word dit wat in my is,deur onkundige uitdrukkings tog maar met tyd,
Versteen in my gemoed.
Omdat dit vasgesluit is in my gedagtes,
wat nie die regte woorde na buite kan vind nie.

3 weeks ago

Skemeraand

Wanneer dag verwissel na nag
Is dit my gliefkoosde tyd;

Dan trek ek my kampstoel nader tot onder die karree ;
En plons met n sug, n genotsug, neer met n glasie met eish...

Die naguiltjie se roep,gemeng met n hadida se kwaahe-kwaahe..
Swaeltjies se tjrrr..en krieke en paddas se ontwaak uit hul dagsluimering;

Die naggeluide wat ontwaak...
Anders as dagbreek se voëlgesang..
Klink die aankondiging van die nag vir my,
So simfoniemooi ,stadig en statig ,
in -plekvolgorde tot die klimaks van nag-geluide sy lê mooi kom kry...
die mooier mooiste mooi.

N berusting sak oor my neer,;
Met n belofte van môre wat met n gekwetter sal aanbreek,
solank leef;

@felixgunther

2 months ago
Ria

Duimpie, deel en lewer kommentaar - groot asseblief op ons video en asseblief ook op die YouTube link. Ons het borge nodig om die 120 minute DVD te maak.

3 months ago
Felix

Eks lief vir grond,want,
dis hard.
Eks lief vir klip,want,
dis harder,
eks lief vir die lewe,want,
dis die hardste!

4 months ago

Vertroue

Vertroue is soos n drinkglaas wat val en breek.

Jy kan die stukke agterna aanmekaar gom.
En weer daaruit drink.

Maar die geringste stampie laat dit weer breek.

Tot dit onherstelbaar beskadig is.

4 months ago

Spore

So trap ons spore
In mekaar se lewens

Onbewustelik
Naak

Vry van gees

6 months ago

Droom verlore

Sit ek weereens buite.
Drome van gister, vandag, en môre swerf doelloos deur my gemoed.

Dit vat hier, en los daar;
en word verswelg deur die nagtelike klanke van padda en krieke gesange.

Sowaar n tarrentaal wat nog swets en n wyfie eend se harde kwaak wat seker sê, "skuif bietjie soontoe man!"
Die swaeltjies tjirp eweskielik ook so 2 keer hier vanuit hul vere en kleinessies onder die afhange van die dak.
Dan weer net die sagte nagtelike klanke wat só bekend is, maar altyd verfrissend en kalmerend n fodde siel salf.

Droom verlore en verlore drome se sielsaligheid sak rustig oor my neer.

Oorkant die rivier wuif Perde-eiland se opstal buiteliggies, sekerlik ook soos ons nessie se se buiteliggies vir hul, ons n goeie nagrus toe.

Rustige nag vir almal in dié mooie Afrika land van ons.
Ja van ons.

Soete drome.

6 months ago

God is God.
Ons skepper.

Jou hart uit klip soek Hy nie.
Uit tadisie jou sertifikaat soek Hy nie.

Jou hart en siel;
Met wette en gebooies gegrif in jou hart,
Dié soek Hy

Die grootste gebod van Liefde;
Verenig in jou leefwyse,

Dít soek Hy.

Uit liefde sal jy als nakom,
Sonder n etiket van mensgemaakte voorwaardes

Hy soek jou siel,
Vrywilliglik geoffer aan Hom.

@Felix G Günther.

6 months ago

Als wat om jou kop spin;
Maak dit soms moeilik om nugter denke te hê.
Politiek
Polemiek

Werk werk en nogmaals werk.

Gesinslewe.
Wat sit jy in?
Wat laat jy uit?

Moeg geploeg,
Beur jy voort.

Byt skuldiglik onskuldige koppe af.
Met onmiddellike spyt.

Te laat.
Gesproke woorde is gespraak.
n Terugrat bestaan nie daarvoor nie.

Regmaak kan jy nie.
n Soentjie op die einaplek werk nie hiervoor nie.

Dan voel dit soms jy kan net wegraak.
Jouself wegvat om plek te maak.

Vir iets of iemand beters om jou gesin te troos.
Beter lewe te gee.
In die sin van aandag en liefde.

Voel so dood.
Siel en gees verbruis.

6 months ago

Woeste wese

Woes en leeg lê die vlaktes,
Gevul met die natuur se kwas

Soekend na rus en vrede,
Ontmoet my siel die natuur se was

Gevorm deur tyd,
Waar die natuur sy gang gaan;
Sonder om te wik en weeg

Bedrywig dag en nag,
Heel die natuur sy wonde,
Toegedien deur die mens,
Wat deur selfsug;
Is n misgewas

Alom die woeste aanvalle deur die mens,
Vorm die natuur n lagie was.
Sagter as n bloedroof koester dit die voortbestaan en geld homself.

Robuust beur die natuur voort
Onder die aanslae van die mens.

En bestaan voort
Sodat my woeste wese
Dit kan beskou deur n sagte lens;
En als kan waardeer, dit wat die natuur bied.

Só ontmoet die woesheid mekaar,
In my gemoed.

@Felix G Günther

6 months ago

Sit vannaand soos gewoontlik rustig buite, voor bedtoegaantyd.
En teug lustig aan die laaste vir vandag se sigaret.
Die soel aandluggie spoel liefderyk oor my siel;
Maar iets pla my meteens uit n donker hoekie in die tuin.
N skaduwee wat nie altyd daar was nie.

N silluet wat stadig vorm aanneem.
N ongewone silluet.
Nou luister ek;
En dink;
Die krieke gesels tog.
As daar iets was sou hul stil wees.
Maar tog;

Die honde is rustig.
Nou wat sou dit wees?

Iets wat hul nie pla nie maar vir my?

N spook? ;
Iets "kriewel" nou langs my ruggraat af.
Gedagtes raak op loop.
Wat kan dit wees?
Ek staan op en draai om om terug te stap om die hoek stoepdeur se kant toe.
Iets kraak saggies en n plof geluid;
Ek vries,
Doodse stilte.

Ek draai stadig bangerig om.
Kyk weer na die donker hoekie.
Nou lyk als normaal.

En skielik uit die donkerte draf Basjan nader.
Spierwitkat.
Bliksem!
Sug;

6 months ago

Paynaweek.

Vuurtjie brand!
Donderdag aand is ons Vrydag aand.
Moeg geploeg deur die maand,
Sak ek, na vuur brandgemaak is,
salig in my kampstoel neer.
Staar in die vlamme en teug af en toe aan n drinkdingetjie.

Swaeltjies tjir ek duik in hul neste in onder die oorhang van die dak hier in my braai hoekie.
Die krieke ontwaak.
Hadidas wat raas soos hul landingsplek vir die nag soek in die hoë bome langs die rivier.
Die dag gaan slaap en die nag ontwaak met al die gesels van die natuur hier om ons so net voor die son ook nag sê.
Salig heerlik begin rustige ontspan stadium inskop.

6 months ago
Felix Gunther – Die Namib Skryf – sonder grense

https://blog.namibskryf.com/skrywers/felix-gunther/

Felix Gunther 2 hours ago Wanda Günther (12 jr) My dogter. Die windsprekende kind Eendag was daar ‘n kind. Haar naam was Lisna. Sy het in ‘n ou huis gebly. Sy het nie ‘n pa, ma of vriendin gehad nie. Sy het niemand gehad om mee te praat nie, maar elke nag het sy met iemand gepraat. Die iemand...

6 months ago

Wanda Günther (12 jr) My dogter.

Die windsprekende kind

Eendag was daar ‘n kind. Haar naam was Lisna.

Sy het in ‘n ou huis gebly. Sy het nie ‘n pa, ma of vriendin gehad nie. Sy het niemand gehad om mee te praat nie, maar elke nag het sy met iemand gepraat. Die iemand met wie sy gepraat het, was die wind. Sy was net sewe jaar oud toe sy die windsprekende kind geword het.

Op haar 11de verjaarsdag, is gesê, gaan sy in wind verander en nooit weer gesien word nie.

Een middag hoor sy ‘n geluid. Sy hoor iemand wat sê: "Jou lewe is nie ver van klaar af nie." Sy loop daai nag en dink steeds oor daai middag en sy weet dit is waar, want sy verjaar oor drie dae.

Die volgende oggend hoor sy weer dieselfde geluid.

“As jy ‘n dorp kan kry, sal jy gered wees.”

Die volgende oggend staan sy op, pak haar goed en begin loop. Sy weet dit is nog twaalf ure wat sy oor het. Sy begin te hardloop en raak moeg... drie ure geloop; vyf ure gedraf; twee ure gehardloop.

Lisna het nog net twee ure oor. Sy het nog net 10 km oor. Sy is later op haar knieë van moegheid. Sy val, twee ure is verby. Sy is 6 cm van die dorp af!

Wat gebeur? Sy verander in wind…

Dit is hoekom jy elke aand die takke hoor skree. Dit is Lisna wat om hulp skree!

7 months ago
DNS-Tuis

Volg ons op www.namibskryf.com

Die doel van hierdie webblad is om vir alle skrywers in Afrikaans - en spesifiek vir Namibiese skrywers - 'n platform te skep om hul skrywes te deel en om raakgelees te word.

7 months ago

Ekt n ou ryding

Deel van my wese
So lief dat ek als sal doen.

Sy enjin het die gees gegee.
En nerens kry ons n nuwe blok
Die enjin se klop

Nou moet my ou ryding n nuwe hart kry.
Ten duurste.
Maar dit bly my ou ryding;
Die nuwerwetse goed het my gelok.
Maar my ou ryding, se siel bly in my vasgeknoop.
Môre laai ek hom op n wa.
Om vir hom nuwe hoop en lewe op Upington te gee.
N hele nuwe ombouing wag op jou my ou ryding.
Was petrol, nou raak jy diesel.
Ek vir jou.
En jy vir my:
Jou ou enjin se blok
Gaan ek vol kaktusse plant
Reg langs my braai:
Vir die herindering van jou diens aan my
My ou ryding,
Vir jou gaan ek nuwe lewe gee
Sodat ons nuwe herinderinge kan bou.

Daar doer vêr hoog by Okowango gaan ek en jy nog draai en n spesiale mens ontmoet.
Iewers in die toekoms.
Met jou nuwe hart gaan jy ons neem tot daar.
En nuwe herinderinge bou.

7 months ago

Tuiskoms

Die troue in Gordonsbaai is verby;
En so, het ons vanoggend die 900km lange terugtog na ons "beskawing" aangepak;
Deur mooi Kaapse vallei.
Riebeek Kasteel
Riebeekwes
Dan later Piekenierskloofpas;
Deur Cederberg vallei.
By Vanrhynsdorp draai ons oos.
Later anderkant Calvinia vat ons die pad noord.
Soos n perd wat terugdraai werf toe, trap ek ons rooi karretjie se lepel dieper op n gallop.
Onkeerbaar gly die lang swart pad al vinniger onder die bande deur.
Alreeds donker, beryk ons Keimoes.
Na net n week het ons wêreld drasties verander.

Die wingerde, sitrus boorde en lusern het reeds intussen skelmpies , terwyl ons weg was,ontplof in die komende somergeure;
Die nat grondreuk van besproeing kuier welkom in ons neusvluels.
Nou is daar geen keer nie.

Ons draai later weer noord Augrabies se kant toe.
En trek diep tue vars lug diep in ons longe in.
En ruik met groot genot aan die geure van ons omgewing.
Ons beskawing;

Ons is tuis.

Home sweet home.

7 months ago

N ou dowwe ID fototjie.
Dit is al wat ek van pa het.
Ongeveer 25 jaar al wat pa ons verlaat het.

Het net uit die bloute vannaand buite langs die vuurtjie pa se pyptabakgeurrook en pepperment asem geruik.

Kom besoek pa my weer uit die niet sonder waarskuwing.
En so spoel ou herinderinge weer op.
Die negatiewe het lankal verdwyn.
Dis net die verlange na die goeie tye wat druk.

Al die Namib verhale.
Die stiltes wat suis.
Mens kon die stilte "hoor" het pa altyd gesê.
Die eskapades met padbouery in Etosha wildtuin met leeus en olifante.
Veral snags.
Al die verhale en dinge onthou ek nog uit pa se vertel.

Ons visvang dae by Saldanha by die "dam"
Net mense uit daai omgewing sal weet waar dit is.

Die Saterdae wat pa die stokkarbaan gaan skraap het waar ek plat op die skraper se vloer sit en pa dophou met hande wat trek en stoot oor al daai legeo hefbome.

Maar dan bly die wonder oor waarom pa my juis vannaand besoek.
In herinderinge.

Vandag was n rowwe dag.
En ja op n stadium het my moer lelik gestrip.
En skielik na n tyd in my gedagtes het pa se kalm geaardheid met die woorde"vat hom soos hy kom en hanteer dit soos jy aangaan"by my opgekom.
Dankie.
En dankie.
Daarom het ek die fototjie gaan opsoek, en afgeneem, om pa wat in my is, te deel met die wêreld.
Nag pa.
Groete vir almal daar waar pa is.

« 1 of 2 »

4 kommentare op “Felix Gunther”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.