Estelle Rubow
Lente in die Namib
Soms kom lente langsamerhand
voetjie-vir-voetjie met versigtige stap
huiwerend in die houvas van die winter
soos die trapsoetjies se suutjies-trap
soms met ‘n jakkalsdraf
wat sonder haas, maar doelgerig
nuwe lewe blaas in klappiesbrak,
seekoraal en vratjiesbos
wat in die braktste lopies staan
in pienk en geel laat loot
Maar vanjaar strooi Lente mildelik
haar skoonheid oor die vlaktes uit
sy vly haar sonder skaam of skroom
tussen soutbos, malpit olieboom
verf bloedvingervygies roes en rooi
selfs die soutslaai is skarlakenmooi
©Estelle Rubow
Trots op jou. Jy sal hom nog wen.