Clarice Theys

2 years ago
Clarice

Kyk hoe trots glimlag ek ... 2015

My debuutboek ... ook vol van foutjies en ats ... die drukker wat ek gebruik het, het baie swak werk gelewer. Ek moes bykans die helfte van die 500 boeke wat ek laat druk het, gaan teruggee vir herbind.

Maar dit het soos soetkoek verkoop!

Die Ministerie van Kultuur en Onderwys het 40 boeke aangekoop vir plaaslike biblioteke. Book Den en Swakopmunder Buchhandlung het dit weer en weer bestel vir hul lesers.

Ek het 'n ATKV-Pluimpie daarvoor gekry en 'n professor van Unisa het voorgestel ek kry 'n professionele redigeerder dan kan dit dalk by skole as voorgeskrewe werk voorgelê word.

'n Leser van Port Elizabeth in SA wil dit 'as we speak' aan skole voorlê ...
So, die toekoms van hierdie klein juweeltjie wink steeds blink!
#2019Planne

😀

2 years ago

Die Sand se Dans
Uit: Rehoboth - Waar my Hart is
2015

So nou en dan het ‘n regte-egte ‘band’ in Rehoboth opgedaag. Dan sien jy net die kleurvolle Kombi met die ewe-kleurvolle plakkate wat deur die dorp ry.

Chicitos, Purple Haze en vele meer het dan gesorg vir opwindende musiek en vermaak vir die jongelinge.

Dan het ek saam met my maats die middagvertonings bygewoon. ‘Matinees’ soos ons dit genoem het, was ‘n moét want ons kon nog nie aandvertonings bywoon nie.

Maar dit was nie jou elke naweek scene nie, so ons mense het maar self planne gemaak vir bietjie vermaak.

As jy nou ‘n stoep voor jou huis gehad het, ‘n amplifier en ‘n paar ‘seven singles’ of selfs ‘LP’s’, was dit oorgenoeg om van vroeg op ‘n Vrydagaand tot voordag Saterdagmore ‘n lekker bokjol op te sit.

En dis waarvoor die ‘Sand’ baie bekend was! Vir ‘n lang tyd kon ek maar net luister na die gedoef-doef en sien hoe my twee ouer susters en broers gereed maak vir die aand se ‘jiet’.

Ek moes maar net gadeslaan hoe hulle soms deur die venster spring wanneer Dedda kwaai was en nie wou hê hulle moet gaan dans nie. Dan moes ek ook weer ‘wakker slaap’ om die vensters oop te maak as hulle dou-voordag terugkom.

Dedda was baie streng maar wanneer hy en Mamma op ‘n Vrydagnamiddag met hulle eie ‘partytjie’ begin (dis nou as Dedda in sy khaki safari-pak opstap na die Off-sales toe vir ‘n halwe Rum vir hom en ‘n halwe Gin vir Mamma het Vivienne en Gina sommer lekker kanse gevat.

Ander kere was Dedda en Mamma rustig en dan het hy al vroegdag gesê as hulle die aand wil uitgaan moet hulle 11h00 terug wees en die volgende oggend 7h00 opstaan.

Dit het maar gelol en so het hulle dit vir ons wat nog moes volg – Norman, Cliffie en ek – moeilik gemaak. Want wie kon nou 11h00 terugwees as dit dan die tyd is wanneer die dans op sy lekkerste is?

So stap die tyd aan en ek raak ‘van ouderdom’ en kan ook vir ‘n slag saam met hulle ‘Sand’ se dans toe gaan.

Ek was nogal heel verbaas en dalk ‘n klein bietjie teleurgesteld want dis meestal net Country musiek wat gespeel word.

Disco is tog mos nou die in-ding en dis wat ons in die matinees dans … Stevie Wonder se Superstition en Abba se Dancing Queen en selfs Gloria Gaynor se I will Survive.

En as jy bietjie stadiger wil gaan, kan jy selfs lekker saamsing met Queen se briljante rock/opera Bohemian Rhapsody.

Maar nou moet jy gly op die stoep … met die rug styf en die arm ver ... See more

2 years ago

Ek is 'n jong, skugter meisietjie wat pas as klerk by die Rehoboth Regeringskantore begin werk het. Rofweg so 900 jaar gelede.

Dedda is op vervroegde aftrede - hy's siek en kan nie meer skoolhou nie. So terwyl my ouers wag vir die geld om uit te betaal (die verlof-gratifikasie eerste en daarna sy pensioen), was ekke vir 'n rukkie die ‘broodwinner’!

Ons ontvang ons geldjies elke 15de van die maand en het nie veel rekenings nie behalwe vir my goue horlosie en kleertjies wat ek by Ou Sylvanus, die man met die lang, blou, slap kar en mondvol goue tande wat maandeliks in Rehoboth kom smous het, op skuld gevat het … maar dit was al!

Die res het als net so na Mamma gegaan vir wat ookal die behoeftes was.

Ek en Mamma het 'n ongesproke ooreenkoms gehad. Sy sal elke 15de se môre vir my bel. So het my foontjie dan ook elke maand klokslag gelui met Mamma aan die anderkant:

“Het jy ge-uhhmmmm?” Ek sou dan sê: “Ja Mamma” en dan sal sy aankom met die blou Toyota bakkie om haar deeltjie by my te kom kry. Ons het in sulke bruin koevertjies ons maandelikse geswoeg gekry.

Destyds was Lorraine Bussel die pay-meester en van my kollegas was Aunty Barbara Januarie (Ferreira); Aunty Ella Wellmann; Kleine Esterhuizen (Christ); Helga Stumphe; Hans Swartz (Kolekamer); Poppie Möwes (Junius)

Weet nie wie van hulle is nog daar nie … soos ek sê, dis ‘n hele paar honderd jaar gelede!

Maar dis nie waaroor my storietjie vanoggend gaan nie … dit gaan oor Mamma se telefoonoproep en die vraag: “Het jy geuhhmmm?”

Die bordjies is nou verhang … ek het 'n meisiekind wat oorkant die waters bly … en so nou en dan maak my selfoon 'n geluid … so 'n sagte melodie … amper soos goetertjies wat in die wind waai. Dis dan my boodskap, met net 'n nommer op! En ek weet ek’s geseën. Met 'n hele paar Euros!

En ek kry so 'n lekker knop in die keel … want ek onthou … my ma se oproep en die ou spreekwoord wat sê: Wat jy saai sal jy maai

2 years ago
Clarice

Wanneer skrywers mekaar ondersteun ...
Dankie Urte 😀

Wanneer mede-skrywers mekaar ondersteun. ..
Dankie Urte ... dit was soooo lekker om met jou te gesels.
???

2 years ago

JY is my konfidant en my poskantoor. Ek kan nie eens onthou hoe jy hier op ons erf beland het nie. Seker maar een van die baie karre wat Dedda gekoop, aan gewerk het en dan maar laat staan het as dit nie wou ‘ja’ sê nie …

Ek gooi my briefies in jou baie gleufies en het nooit eens my kop gebreek oor wie my geheime storietjies gaan lees nie.

Soms maak ek die petrol-‘bussie’ oop om ‘n ‘briefie’ vanaf ‘n verre land uit te haal. Dan sit ek sommer net daar langs jou in die sagte, wit sand en lees. Vir ure lank.

Jy inspireer my.

Ek wonder of dit iets met jou kleur te doen het … turkoois soos die see wat ek nog net in prentjieboeke gesien het. En die kleur van my geboortesteen!

Soms klouter ek tot heel bo-op jou dak met die duik in. Dan sit ek langsaan die waterpoeletjie wat die aand se dou-druppels gemaak het en kyk na die klein reënbogie wat dit vorm as die son daarop skyn.

Op ‘n Sondagmore haal ons die glasbakke af waarin die jellie lekker in die koelte van die na-nag gestol het.
Dis lànk voor die gas-yskas jou plek ingeneem het.

Ander dae bring jy ‘n eier of twee te voorskyn wanneer die oorlamse werf-hennetjies hulle in jou warmte gaan tuismaak omdat die ogiesdraad hoenderhok hulle dalk te weerloos laat …

Dis nog net die agterste sitplekke wat oor is en ek sit op ‘n vier-gelling drom om te ry na ver plekke … Ek verander ratte soos Dedda in die bruin Toyota en ‘brmmmm-brmmmm’ kliphard en gooi esse soos Eduard Doddie Es met sy tyre.

Uit my debuutboek: Rehoboth - Waar my Hart is
2015

2 years ago

Dis soos my hart wat op die randjie van 'n groot oomblik huiwer
En fyn, geel vlindertjies spelerig om my kop dart
Roesbruin blaartjies wat klaar hul rolletjie gespeel het
En amper hartseer by die ander op die herfstapyt aansluit
So is dit as 'n nuwe storie in my binneste roep
Om uit te kom ... meegesleur te word deur my vingers
En hier op die wit bladsy, uiteindelik gelees kan word!

2 years ago

Dankie maatjies ... almal wat so vinnig reageer! Op die bladsy sal ek gereeld van my skrywes plaas ,,, in Afrikaans ... die mooiste, mooiste taal!
En as jy ook lief is vir skryf en deel van Die Namib Skryf wil word, moenie huiwer nie! Ons is 'n heerlike klompie mense en leer ontsettend baie bymekaar!

2 years ago
Namibland

Hou ons YouTube kanaal ook dop...

https://www.youtube.com/watch?v=auz-_ePIbCY

Gedig "Namibland" deur Johann Muller

2 years ago

« 2 of 2 »

2 kommentare op “Clarice Theys”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.