Ciska Olivier

CISKA woon in Namibië waar sy as plaaskind in die Kalahari grootgeword het. Sy het na skool as veldgids en gasteplaasbestuurder in die Suid Afrikaanse bosveld en Natal studeer, vanwaar sy terug is Namibië toe. Daar het sy leeus en olifante teen die Etosha park trotseer en ook later die hoogste duine in Sossusvlei aangedurf.

Sy het in haar eie wêreld van lees en skryf geleef tot sy haar eie storieboekheld ontmoet en hy haar hart soos ’n ware heer van ouds kom oorwin het.

Sy woon tans in Windhoek waar sy ’n gastehuis bestuur en probeer daagliks tyd maak om die stories te skryf wat in haar verbeelding lewe kry. Hulle toer en kamp gereeld en nuwe inspirasie bly nooit ver agter nie. Hulle hou daarvan om nuwe plekke te ontdek en probeer om met elke vakansie ten minste een nuwe plek op hul ‘bucket list’ af te merk. Haar man is haar grootste ondersteuner en vir haar is hul huwelik die pot goud aan die einde van die reënboog. Een waaruit sy daagliks inspirasie put.

Ciska skryf gedagtig aan mense wat dink hulle het alles wat hul harte begeer of diegene wat dink liefde is hulle nie beskore nie. Dikwels is die karakters in haar verhale mense wat nog nooit bang was om iets of iemand belangriks te verloor nie, of andersins, mense wat reeds hul deel van geheime en teleurstellings oorleef het. Sy skryf oor liefde wat alles oorwin, want niks kan tog ooit te sterk wees om ware liefde en geloof te kierang nie.

Publikasie

TITELS UITGEGEE DEUR LAPA UITGEWERS:

Krummelpap in Parys - Romanza (September 2018)

Vir 'n oomblik vir altyd - Romanza (Oktober 2018)

Verband op sy hart - RomanzaLiefde [Novelle] (Desember 2018)

Blomme vir Melissa - Romanza (Februarie 2019)

3 kommentare op “Ciska Olivier”

    1. Dankie Meraai
      Ek het oor die afgelope paar jaar nogal heelwat van WordPress geleer, veral toe ek my eie blog/webblad oopgemaak het … maar so nou en dan laat hy my ook maar nog met my hande in my hare. 🙂

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.