Anzé Bezuidenhout

Biografie

Anzé Bezuidenhout is baie lief om haar diepste gevoelens en gedagtes oor alles in haar lewe in digvorm uit te druk. Haar liefde vir woorde kom 'n baie lang pad. Sy is 'n plaasvrou met 'n groot liefde vir die Bosveld, maar ook ’n entrepreneur wat haar eie padstal bestuur. Anzé het grootgeword op ’n plaas in Marble Hall-distrik, en later  gematrikuleer aan Hoërskool Piet Potgieter in die voormalige Potgietersrus. Deesdae woon sy en haar man Willie op ’n plaas op die Springbokvlakte, naby Modimolle (Nylstroom). Oor haar padstal, IetsiVanAls Curios & Biltong net buite Modimolle is sy besonder trots. Dáár omring sy haar met mooi goed en mooi mense en dit maak haar baie gelukkig.

Anzé is al 36 jaar getroud met Willie en hulle het drie dogters en vyf kleinkinders. Vir Anzé is haar gesin haar aardse rots en steunpilaar en hulle maak haar lewe propvol mooi dinge. Haar woorde is haar asem en daarsonder sal haar siel sterf. Sy leef, droom en bid in Afrikaans. Vir haar is Afrikaans die wonderlikste instrument om haar gedagtes mee weer te gee.

Anzé het ’n webtuiste www.ink.org.za geskep waar sy aan enigeen met ‘n besonderse liefde vir Afrikaans die geleentheid bied om hul liefde vir die taal uit te leef in gedigte, rubrieke, verhale en ook musiek en liriek.

Haar verhouding tot haar Skepper loop baie diep en sy dank Hom elke dag vir al die voorregte en genadegawes wat sy so onverdiend ontvang ... Loutering is deel van haar lewe en ook daarvoor dank sy Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in haar lewe is

WERKE

Van haar werk is op Litnet en Roekeloos te lees en daar is ook werke in die GHA en Digtersgilde se bundels opgeneem.

EIE DIGBUNDELS:

Met my woorde as verfkwas

Wasem woorde uit my hart

By die voete van my Skepper

Revolusie in purper

Woorde is my asem

Ek (en jy) is susters van Eva

Gebroke harts gebede

Inkdorings

tussen gebreekte tinsel

wat oor seestrand spoel

en ‘n gekraakte bloedrooi bal

wat aan die horison hang

het ‘k as verlore

afvlerkstrandlopertjie

oor korrelklip en fyn gebreekte skulp

gestruikel-val, sò in jou hart se baai gestap

hier het ek my sielsvrede

in die ritme van jou hartklop kom vind

waar jou liefhê oor my dartel

soos ‘n koel somerswind

 

© Anzè Bezuidenhout

2 kommentare op “Anzé Bezuidenhout”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.