Skemer aand

In die skemer van die dag

Lê die koue aand en wag

Die son wat sy strale traag ontrek

Na nog ‘n dag se harde werk

In die sterre raak dit stil

Hier en daar begin ‘n rokie trek

Almal wil gou die koue kul

En later brand die kaggels sterk

Voor die kaggel kan ons ontspan

En ons gedagtes heen laat gaan

Vader ons wil U net dankie sê

Om soveel sëeninge te kan hê

Katrien

eie foto