Ciska Olivier Boeke Bekendstelling

Ciska Olivier se eerste twee romanses is reeds op die rakke en sy in samewerking met AoA Creative Block  nooi jou uit om op 3 November 2018 saam te kom kuier wanneer sy die bekendstelling hou vir:

Krummelpap in Parys (Proeseltjie)

en

Vir ‘n oomblik vir altyd (Proeseltjie)

te Windhoek by The Garden Café

(Ferreira’s Kwekery)

Tyd: 8:00 tot 12:00

Toegang: Gratis

Hoe om op die Blog te Pos

Om ‘n doodgewone pos – skryf, foto of video op die blog te plaas is maklik.

  1. Op jou menu bar – kies New Post (NIE New Page NIE!)
  2. Dan maak hy vir jou ‘n bladsy oop
  3. Tik die titel in
  4. Kies jou formaat – Regs – bv standard, Image, Video
  5. Kies jou kategorie – bv Prosa,  Publikasie,  Sommer gesels
  6. Kom terug hier na die “body” en tik jou boodskap – of “copy en paste” vanaf ‘n ander plek.
  7. As jy ‘n foto of video wil bysit – Net bokant jou teksdoos – hier waar ek nou tik – is ‘n opsie  “Add Media”
  8. Kies jou media wat jy wil oplaai
  9. Regs op die Menubar onder Publish is ‘n Preview opsie.
  10. Sodra jy tevrede is – dan druk jy net Publish en whalaaa – daar is jou eerste Blog.

Lekker speel

Herlewing in rou – deur Christo du Plessis

Herlewing in rou

Neef Sas is op die jeugdige ouderdom van vier en dertig met sy eie dienspistool vermoor. 
Die dag het dié Saterdag gebreek soos enige ander Saterdag.
Die familie se lus om die lewe te omhels en die sonnige Saterdag-
planne het met ‘n enkele oproep verswart.
“Sas is gisteraand vermoor. Hy het ‘n motordiefstal ondersoek. 
Die diewe het sy pistool gegryp en hom geskiet – drie skote. 
Deur sy nek, in sy oog en die finale skoot deur sy oor, het hom gevat.”
Skoonma het na haar kamer onttrek. Skoonpa dwalend, omdat die
mure hom vasdruk. Want neef Sas was ‘n ordentlike Mannetjie en ‘n 
deeglike Polisieman. Die beste!
Ta Atta, Sas se ma en Skoonma se suster, se trane loop binnekant toe. 
Deur haar siel en haar are en haar skelet. Net nie by haar oë uit nie.
Oompie Flip, Ta Atta se stil anderhelfte, het die vlaktes in gevaar. 
Hoe treur mens oor die dood as jy nooit geleer het om die lewe te vier nie?
Nou is Jasper hulle enigste lewende kind. Hoe kry hulle die boodskap by hom uit? 
Niemand weet waar hy is nie. As hy tog maar so betroubaar was soos Sas.
Jasper, wat nog nooit daarin kon slaag om sy goeie kant te bewys nie, 
kon nie op gespoor word nie. Telefoon oproepe, koerant- en internet-advertensies. 
Maar te vergeefs.
Antie Poppie, die oudste van Skoonma se “bloedsusters” tree toe in. 
“Dan lê ons vir Sassie te ruste sonder sy broer. 
Die man dink nooit aan ander nie, net aan homself.”
Die dag van begrafnis breek aan. Die seer wil uit mens se borskas skeur as jy die menigte aanskou wat Sas, met trane, vir oulaas kom groet. 
Net Ta Atta en Oompie Flip se oë bly droog. Want hulle hartseer lê waar geen oog kan sien nie.
Toe die familie om die graf vergader merk ek hom op – Jasper. 
Hy aan die eenkant van die graf en sy ouers aan die anderkant. 
Vir die eerste keer in ‘n lang tyd verenig hulle. In rou bereik hulle mekaar, oor die kis wat sak, herlewe hulle.

Christo du Plessis – 20 Okt 2018

Wie is Estelle?

Estelle is gebore en het grootgeword in die Keetmanshoop-distrik in die suide van Namibië.

Sy het in 1972 haar hoërskoolloopbaan aan die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch voltooi en het daarna tot 1976 aan die Universiteit van Port Elizabeth Maatskaplike Werk studeer.

Estelle het begin werk as ‘n maatskaplike werker in Windhoek in 1988.

Sedert haar oorlede man se aftrede in 1999, woon sy in Hentiesbaai, waar sy vir 15 jaar by die Hentiesbaai Munisipaliteit in diens as toeristebeampte was.

Estelle is sedert Julie 2014 afgetree en in 2016 weer getroud met Mias van Zyl. Hulle gesamentlike debuutbundel Opgeefsels is in 2017 gepubliseer.

Kippakiewiet

kiewiet

hoe bly jy staande? jy’s dan

net ‘n opgepofde bondeltjie dons op

een rooi rietjiebeentjie  

die ander kloutjie gevou in ‘n vuis

teen jou lyf terwyl jy kywie hou

 

kiewiet

ek dink ek weet wat jy maak as jy waarskuwend

kras in crescendo accelerando

jy het ‘n kippa op jou kop

jy het ‘n kippa en jy bid en bly staande

Skedelkus

in ‘n oer en vreemde land
op ‘n afgeleë verlate strand
soekend na vergane skepe
– net nog dryfhout in die sand –
skedel skulp en seewier in die son
kaats lig in pers en perlemoen
en aan ‘n soutlagune se soom
lê die karkas van ‘n kormorant

waar heuwels teen die blou lug welf,
in golf en lyn en kleur vervloei
word klip en rots en bleker sand
‘n skeidslyn aan die horison
in hierdie groot verlatenheid
waar wind en see my siel wil sus
hier vind ek vrede, vind ek rus
in die stilte van die skedelkus

©Estelle Rubow

Verlatenheid

Ons ry deur die verlatenheid van die Skedelkuspark, ‘n oerlandskap wat lyk of dit nie aan hierdie wêreld behoort nie. Ons ry stadig want die pad is sleg en ek wil niks mis nie. Ek wil stadig elke faset van hierdie verlatenheid opsuig soos ‘n spons, elke nuanse van vorm en kleur ervaar wat voortdurend vloei en verander, soos ‘n enorme seedier wat gewigloos en grasieus deur die water kronkel.

Ons ry met ‘n paadjie tot by die see. ‘n Pragtige baai omkelk ‘n silwerskoon strand en ek verwonder my aan die skatte in die opdrifsels… stukkies spoelhout deur die see gevorm en geskuur, pers en rooi seegras vervleg met ‘n klossie mosselskulpe wat oopkeel in perlemoenkleure vir die son lê en lag.
Die lug is skoon met ‘n ligte seebriesie, die son is aangenaam, ek kry die vars reuk van die see en hoor die stilte, die wind, die branders, ‘n damara sterretjie se hoë skril roep. Ek sien vlietend sy wit vlerke in die son weerkaats voor hy versmelt met die grond waar hy gaan sit.

Verderaan by die Huab lagune lê die water helder in die sonlig, omsoon met ‘n glinsterende wit soutrand. ‘n Klompie trekduikers sit op die strandjie, vlerke wyd gesprei om af te droog. Ek stap nader sodat hulle kan opvlieg vir ‘n foto. Stadig, luierig vlieg hulle een vir een op om net ‘n entjie verder onverstoord weer te gaan sit. Tussen hulle ‘n verdwaalde flamink, seker op pad terug na sy blyplek ‘n entjie verder by Kaap Kruis se soutpanne.

Daar heers ‘n totale vreedsaamheid in hierdie bo-aardse, amper buitewesenlike verlate landskap, ‘n vreedsaamheid wat ek in my diepste binnewese vind. Daar waar ek volkome stil kan raak, waar my kreatiwiteit se oorsprong lê, waar my spirituele bewussyn lê. In hierdie verlatenheid voel ek volkome een met die skepping.

Skielik, in ‘n helder oomblik is dit asof ek weet waarheen ek sal gaan as my rol as menslike wese hier op aarde vervul is. Dis waar ek sal wees, ‘n drywende energie wat onvermoeid in hierdie veratenheid sal voortbestaan, interaktief met ander van my soort, in ‘n woordelose bewussyn. Geen soeke meer na die waarheid, geen soeke na woorde om my gevoelens te beskryf, geen woorde wat verkeerd verstaan kan word, kan kwets nie.
Net ‘n bewussyn “in ‘n lewe iewers ná die dood waar ek gewigloos oor die maan sal seil soos die spook van parmenides, ‘n energie soos waterdamp só yl…”.

©Estelle Rubow

My lentelied

My lentelied het ‘n vals akkoord
die wysie deur die wind verwaai
‘n seevoël hang in eensaam vlug
in ‘n grou en somber lug

‘n vreugvolle dag het rooi gebreek
rooi soos ‘n ryp granaat
bome bot hul bloeisels wit
– elders, waar dit lente is

My lente is maar ewig laat
verdwaal in die groot woestyn
om bloeisels te maak tussen klipskeure
is ‘n enorme taak

©Estelle Rubow

Ons kombuistaal, Afrikaans

0 $

Om die kospotte van ons moeders
in die smeltkroes aan die kaap
in gesellige kombuise
het ons ons taal leer praat

kaaskop en duusman,
maleier en khoi
het elkeen sy deel in die potjie gegooi
‘n knippie van dit, ‘n knypie van dat
met ‘n skeutjie wyn so reg uit die vat,
van springbok en koedoe is biltong gemaak
bobotie met blatjang en borrie vir smaak
‘n mengelmoes Hollands en Engels en Frans
word toe ‘n aitsa gesels-Afrikaans!

©Estelle Rubow

Digter van Gister

Dalene Mellet

Dalene Mellet is een van DNS se talentvolle skrywers. Sy slaan gereeld my asem weg met haar pragtige gedigte. 

Om te pos.

Hier heel bo in die middel is ‘n plus teken – “+” wat langsaan staan New.

Kies daar. Kies Pos.

Jy het 2 keuses van Edit. Gebruik die vaal een vir nou – Ignoreer die Visual Composer. Hy is vrek ingewikkeld.

Onder Ad a New Post – skryf jy die titel.

Dan in die paragraaf – skryf jy jou storie,  laai n video of n foto.

Onder Categoris kliek jy waar jy gelys wil wees.

Onder Formaat kan jy ook kies wat en hoe. Hierdie is nou net Standaard.

En dan druk jy die blou knoppie  – Publish.

‘n Blad vir Elke Skrywer

OP hierdie stadium van die geveg het ek werklik nog geen idee wat ek doen nie.

Ek het ‘n prentjie in my kop – maar of dit enigsins moontlik is (dit lyk tog wel so… ) EN of ek dit gaan regkry om dit te implementeer is nog ‘n geveg waarmee ek beisg is.

2 Weke terug het ek geen idee gehad wat ‘n Webspasie behels – behalwe om iets te soek op die soek-enjins nie.

Nou het ons al ‘n vol spasie en hier is ek nou besig met ‘n splinternuwe fase.

Die einddoel is dat elke skrywer sy eie blad in stand sal hou op die blog.

Is Blog ooit ‘n Afrikaanse woord? Ek sal vir ViVA moet gaan vra.

So as enigeiemand daar buite die kennis het om my te help – sal ek dit vreeslik waardeer.

Namib-groete

Meraai

 

Hello Wereld

Hierdie is Die Namib Skryf se eie eie blogwerf, waar ons vir elkeen van ons skrywers  haar/sy eie blad gaan skep.

Ons is baie opgewonde oor wat besig is om te gebeur – hou hierdie spasie dop.

Binnekort kan jy jou persoonlike gunstelinge volg met al hul werk netjies bymekaar – en ook sommer lekker met hulle gesels. 

Hartlike Namib Groete

Meraai

DNS – https://www.namibskryf.com/