Vasgevang

Vasgevang in hoop, liefde en pyn

Vasgevang in n warboel gedagtes

Vasgevang in lewe vol vraagtekens

Wie weet, wie besef, wie verstaan

Hoeveel kan mens vat voor mens vergaan

Die lewe loop sy loop

Die hart huil sy traan

Is daar iemand wat verstaan?

Wat bly oor van gee en gee?

Ontvang van houe sonder slaan!

Moeg vir gee, moeg vir soebat, moeg vir staan

Wie sal ooit verstaan

EIE FOTO

https://blog.namibskryf.com.

Diere ABC

A a 
Die aasvoël kla,”Ek is nie mooi nie,
en daarom het ek nie ‘n nooi nie.
Ek wens ek was ‘n pou,
want hy is mooi en hy’t ‘n vrou.”

B b 
Bobbejaan, bobbejaan, jy dink jy’s slim,
omdat jy oor Boer se draad kan klim,
maar Boer is vir jou baie kwaad,
en span nou orals hakiesdraad.

C c 
Ch, ch, ch , ch, snork oupa beer.
nag vir nag en weer en weer.
Oumatjie beer is desperaat,
en wil nou sommer die land verlaat.

D d 
Die dassie spring van klip tot klip.
Sy ore gespits, sy stertjie wip-wip.
Hy’s vinning soos blits en baie rats.
Nou sien jy hom, dan’s hy weg woert-warts.

E e 
Vyf klein eendjies stap in ‘n ry
om te gaan swem in die vlei.
Ag nee, die vlei is dan kurkdroog,
en die plaasdam se muur is veels te hoog.

F f 
Die hele familie fisant
Krap heel dag rond in die sand.
Wat hulle doen , wil jy weet?
Hulle soek wurms om te eet.

G g 
Ek loop teen mure op en af,
partykeer is ek sommer net laf,
en lat val myself – kadoef – op jou bedjie
en dink dis baie snaaks as jy skree: “Mamaaa, ‘n geitjie!”

H h 
As ‘n honderdpootjie skoene nodig het,
is dit vir sy papa geheel en al geen pret.
“Vyftig paar skoene”, sug hy swaar,
“kos ‘n klomp geld so wrintie waar”.

I i 
As ietermago is ek bekend.
Ek is ‘n baie komieklike vent.
Raak jy aan my, rol ek myself op,
en jy weet nie, waar’s my stert en waar’s my kop.

J j 
Jakkals wou gaan hoenders steel, 
op Tant Ralie se perseel.
Min het hy geweet, die stomme dier,
die hoenders het by die bure verjaarsdag gaan vier.

K k 
By die rivier bly Krokodil Morkel.
Hy wil so graag sy tande borsel.
Sy ma dink wat dan nou gedaan,
waar kry ek so ‘n groot tandeborsel vandaan?

L l 
Op ‘n dag wandel koning leeu deur die veld.
“Ek is vir niks bang nie,” spog hy, “ek is ‘n held,
Ek hardloop vir niks en niemand weg nie”.
Toe trap hy in ‘n byenes en kon nie ophou hardloop nie.

M m 
Kyk ‘n bietjie na die flukse mier, my kind,
Iemand wat harder werk sal jy nêrens vind.
Oplaai, aflaai, heen en weer geskarrel, dag vir dag.
Geen gekla nie, nooit ooit lui nie, dit is sy gedrag.

N n 
Naaldekokertjie so fraai en so fyn,
met vleuels wat blink in die helder sonskyn.
As ek so sit en na jou kyk,
sien ek dat jy amper soos ‘n helikopter lyk.

O o 
“O, grote Griet”, roep olifant
“my toonnaels is veels te lank!”
Te hulp kom veearts, Oudok Byl,
Met sy groot skêr en almintige vyl.

P p
Nou die dag stap Pikkie Pikkewein al langs die strand,
en sien kinders in bont klere kastele bou in die sand.
Net daar en dan het hy toe besluit:
“As ek weer strand toe kom, trek ek my manelpak uit.

Q q
Quentin sit by die tafel met ‘n groot woordeboek.
‘n Dier wat met ‘Q’ begin, nes sy naam, dis waarna hy soek.
Maar dis alles verniet, glo my vry.
want so ‘n dier sal hy nie kry.

R r
Renoster se beste vriend sit op sy rug,
Dis renostervoël wat hom waarsku as hy moet vlug.
En as die bosluise renoster pla op sy lyf en sy kop,
Pik-pik sy kleine vriend hul een vir een op.

S s
Stadig, stadig, trap vir trap,
kom skilpad hierlangs aangestap.
Nou is hy moeg en trek sy kop
en al vier sy voetjies binne in sy dop.

T t
Toktokkie, jy’s darem ‘n oulike goggatjie.
Klop-klop hardloop jy rond op soek na jou meisie.
As jy skrik, val jy – woeps – op jou rug,
En speel-speel jy’s dood met jou beentjies stokstyf in die lug

U u
Professor Uil is ‘n knap onderwyser,
maar die ouers is erg geteister,
omdat Prof. Uil die hele dag net slaap,
en die kinders in die klas sit en ginnegaap.

V v
Verkleurmannetjie, ek wonder hoe jy dit doen,
loop jy oor ons grasperk word jy groen,
klim jy stadig langs die boomstam op,
word jy grys van jou tone tot by jou kop.

W w
So ‘n wurmpie is darem ‘n vraat,
dink net aan kos van vroeg tot laat.
Vreet gate dwarsdeur appels, pere en lemoene
en sowaar ook deur die harde skille van pampoene.

X x
Met sy bekkie klein speel die voëltjie 
op die xilifoon ‘n opgewekte deuntjie.
Die brulpadda-koor sing saam uit volle bors,
Almal dans en lag, net ou vlakvark bly steeds nors.

Y y
Miena Krimpvarkie is verlief op Jan Ystervark.
En nooi hom vir ‘n piekniek in die park.
Haar mandjie vol gepak met vlieë, muskiete en lekker goggas.
Jan is nie verheug nie, want hy eet net plante, blare en groen gras.

Z z
Zoem, zoem,zoem vlieg ‘n by
Hier by my neus verby.
Gaan sit op my koeldrankblikkie
en drink ewe astrant ‘n slukkie.

Z z
Weet jy wat is ‘n zoempie?
Dis ‘n oulike, klein duikertjie.
Sy vel het ‘n blou skynsel en is snoesig sag,
as jy hom wil sien, moet jy opstaan in die nag.

©Kopiereg Gisela Tietz-Santos (2010)

Illistrasies deur
© Gerrie van Zyl

Verganklikheid

onverganklike spatsel lig
in vergangklike vrotvleis
vasgevang, gevangene

stry en stryd om te skyn
sukkelend deur tralies
wat jou hart omhein
en gordyne, sluiers
oor jou vensters

ooo om uit te breek
los te maak
hoog te sweef 
kuns en kwas
woorde verweef
in sprokie en sprak
siel skeppend
gedwing bo-oor die grense
van stoflike sel
uitvlug uit hierdie hel
van menslikself
skep jy tyd
en skep jy tydelik
in nabootsing 
van die Lig

spatsel lig onverganklik
polsend lewend wagtend
groeiend in die dieper donker
spartelend teen die grendels

jou tyd van tydloosheid 
en ewige vryheid
sal ook kom …

Meraai

Bestaan môre se leef?

Ons sukkel so
om ‘n bestaan te maak,
dat ons heel vergeet
om te strewe na lewe.

En dan!

In pyn en angs stop die klok.
Benoude donkerte,
lugleë longe,
‘n bees op jou bors
wat wil in …
‘n Tier wat wil uit!

En jy weet –

Dis klaar. Die stryd is verby.
En daar is geen wenner
of verloorder.
Daar is net een plek op die podium,
stom spoke applous op die stadion.

En die sproeiligte gaan aan:

Spotlight op jou.
En jy is stil. Kalm. 
En dan bedonnerd!

Nog? Nog tyd?
Om mee te wat?
Fok die onafgehandelde!
Fok die stukkende drome!
Fok die verlore jare!
Fok die potensiële niks
van môre se miskien!

Fok my stukkende hart
Wat weier om op te hou klop.

En môre?

Dis te vêr. 
Nou, hier in hierdie oomblik
is daar stilte en kalmte.
En storms en orkane.
En stilte en kalmte …

En die tyd vir leef?

Kloppedie klop – met elke slag
Tel dit af
en af
Lup – een minder dup
om te leef.

Intussen?

Intussen bestaan ons –
miskien kan ons môre begin leef.

(c)Meraai

KLAASVAKIE

wat is Klaasvakie tog ‘n wonderstoute ding, hoor-hoor! *

soms is hy pure stuitig en suinig met sy sandjies
dan slaan hy my sommer oor

ek lê dan wawyd wakker
tot ek byna al my sluimer verloor

saggies roep ek na die nagtegaal
om vir my wiegeliedjies te kom sing

dít is vir jou ‘n luisterryke ding

tippie-tap-tip-tap hoor ek later
iemand stap op toontjies in die gang

wie sou dan wakkerword van die skone voëltjie se soete sang?

MAAR

dáár laat die nagtelik besoeker ietsie plotsend val
en om die deur wat na my kamer lei
loer ‘n stoutgesiggie van ‘n alte bekende karnallie
jy kan mos nooit jou hele sakkie sand
laat val nie…

‘n hele nag en nog ‘n dag, ek weet glad nie eens hoe lank nie
raak ons toe almal aan die slaap, van hier tot in die Kaap,
Klaasvaak inkluis, slaap toe heerlik snoesig in ons huis!

  • Dalene Mellet
  • dankie DF Malherbe: “Wat is die slaap, ‘n wondersoete ding”

Jesus het jou lief

Dit is net die Heer

Wat jou kan oortiug om te bekeer

Dan wil jy hê meer en meer

Van wat die Heer jou kan leer

Ek maak heel en Ek genees

Aanvaar jy net die Heilige Gees

In my arms wil Ek jou vas hou

Doen My wil en wees getrou

‘n Groot getuie sal jy vir my wees

Selfs daar waar hulle van jou gaan lees

Orals oor sal jy van My getuig

En met My teenwoordigheid

Sal hulle My toejuig!

Katrien

eie foto

In die Weskaap

Wat ek vandag hier beleef

Sal ek nimmer ooit vergeet

Met blomme wat dans in die wind

Net so uitgelate soos ‘n kind

Die kleure het my weg gevoer

Op ‘n rustige gemoets toer

Die blomme is onbeskryflik mooi

Ek moet myself weer hierheen nooi

Om self die blomme so te kan aanskou

Sal ek my lewe lank onthou

Met ‘n mengelmoes van kleur so mooi

Die natuur so in blomme getooi

Katrien

eie foto

Vrees nie

Wat is daar te vrees

Met  Jesus aan ons sy

Hoe wonderlik kan die lewe wees

As ons vas glo en bely

Jesus het vir ons gestref

Hy is daar  vir swaar en seer

Hy wil ons daagliks net bederf

Al wat Hy vra is dat ons bekeer

Op die Glorie van Jesus sal ons ry

Sy wil vir ons, sal ons dan kry

Ag hoe lekker is dit nie om te weet

Dat Hy sal ons nimmer as te ooit vergeet

Katrien

eie foto

Wees vry

O hoe heerlik is die lewe nie

Wanneer ‘n mens kan deel

Die Here wys jou altyd wie

En Hy sal ‘n ontmoeting reel

Dis so heerlik om te weet

Dat Sy Gees die leiding neem!

Wat Hy ons leer moet ons nooit vergeet

Gaan vertel dit aan elkeen

So sê die Heer: “ons moet getuig”

Om stil te bly is tog verkeerd

En ons harte sal dan juig

Want die smal pad voel dan breed

As ons ‘n ander nie kan voer

Loop ons ‘n groot gevaar

Want om te stoor soos ‘n gierige boer

Sal als in ons laat serf, sowaar

Katrien

eie foto

Die Boek

Dit is altyd nodig om te weet

Dat Jesus het jou lief

En ons moet nimmer ooit vergeet

Die Bybel is ‘n brief

‘n Liefdes brief geskryf vir jou en my

Met aanwysings om op Sy pad te bly

Om die Bybel altyd goed te lees

Moet vir my en jou baie kosbaar wees

Die Here sê: “kom na My, groot en klein”

‘n Lewens pad het Ek met elke een

Ek sal jou was en maak jou rein

As jy wil, kan jy op My skouer ween

Ja, die Bybel is ‘n heilige boek

En ons hoef nie veel verder te soek

Vir vreugde, geluk en voorsiening kan ons vra

Want as ons die aanwysings volg, sê Jesus altyd JA!

Katrien

eie foto

Sonder Naam

 

Ek wil ‘n gedigie skryf,

Oor ‘n intresante bedryf.

Die onderwerp is ‘n soliede ding,

Wat baie gedagtes weer terug bring.

Oor al die jare heen,

Is daar lag en daar is ween.

Daar is lelik en daar is mooi,

Daar is kleure soos wit en rooi.

Ja, hy was aanterklik en hy was blas,

Toe hy skiedelik net daar was.

Sy oë is blou en hy’s gebou,

Hy was ‘n regte “casanova” ou.

Oor mooi en lelik kan mens nie stry,

Elke mens kan tyd aan sy eie gedagtes wei.

My hart het geklop en my bene was lam,

Dit wat hier staan is sowaar ‘n man!

Hy het gedraai en na my gekyk,

Met oë wat mens wil laat beswyk.

Ek vat sy hand en stel my voor,

Sy stem was soos musiek in my oor.

Sy aksent sal ek nooit vergeet.

Eendag sal ek hom weer sien, ek weet,

Dan, met al die mooi wat uit hom straal,

Sal ek dan aan hom sê “vaarwel”!

Katrien

Ek Genees

Wie kan die hart van die mens beter as Ek verstaan?

Wie het met meer pyn as Ek deur die lewe gegaan?

Ja, Ek maak heel en Ek genees,

Maar My kind,  jy sal moet geduldig wees.

Onthou ‘n diep sny wat te vinnig heg,

Is nog vuil van binne, al lyk hy reg.

Dan moet ‘n mens deur al die pyn weer gaan,

Om die kieme wat nog binne is te verslaan.

So, op My tyd sal Ek jou heel,

Al voel die pyn soms vir jou te veel.

Laat Ek jou salf met my liefde en genade nou,

Laat My toe om jou styf in My arms vas te hou.

Op My tyd sal Ek jou genees,

Sodat jy weer perfek van binne kan wees.

Al wat Ek vra is bly by My, en bly getrou,

Onthou jy is My perfekte werk, en Ek is lief vir jou!

Katrien

eie foto

Wat van my!

Hoe maklik is dit nie om te sê:

Byt vas, die lewe moet aangaan.

Hoe maklik is dit nie om te sê:

Toe maar,  ek verstaan.

Hoe maklik sê die mense nie:

“Alles kom weer reg jy weet”

Hoe maklik sê die mense nie:

Jy moet maar vergewe en vergeet.

Ek wens net iemand wil verstaan!

In myself is ek besig om te vergaan.

Wat gaan van my oorbly as ek eendag groot is!

Wat gaan ek maak as alles hier binne in my dood is?

Ek het nie meer krag om te baklei,

Teen dit wat my elke dag onder kry.

Hoekom is die lewe tog so wreed,

Dat hulle van ons kinders se pyn nie weet!

Katrien

eie