Totsiens Kaspaas Totsiens

( Laaste groet aan Dr Japie van Zyl )

Totsiens Kaspaas Totsiens,
Jou tyd by ons was nie ongesiens.

Die spore wat jy laat,
gaan ons kinders tot by mars kan sien ou maat.
Namibia het n held verloor,
maar jou erfenis gaan ons nog vir n honderd jaar bekoor.

Jou helikopter sal jy nie sien,
maar ons sal weet jy moes dit verdien.

As n blonde seun het jy die kabeljou ingeryg,
maar tyd het jy gemaak om vir Bessie te vryf.

Bessie se vleisie,
het ek meer as sy waardeer,
maar sy sou dit onthou,
soos gister se weer.

My hart vandag is ‘n tranedal,
my woorde swaar soos bomme wat val.

Skielik is die selfoon stil,
nogtans sal jou stem ewig die ruimte vul.

Jou plekkie langs Kalfie is leeg vandag,
Nogtans sien ons jou in die sterre vannag.

Totsiens Kaspaas Totsiens.


EPENETUS © 2020 SEPTEMBER
In opdrag; Annatjie van Zyl (Suster)

Tuin in Damaraland

Bring jou Hilux Namib toe,
ek sal jou die modderhotel gaan wys

Nou raak ek lus om julle na my agterplaas te laat reis.

‘n Paar kilometer weg, loop Bennie in die sand

Dorre rou land !

Waar die Namibwoestyn se eindelose tweespoor paadjie,

jou in die nimmer einde laat verdwaal.

Jou laat vergeet van die sleg van die lewe …

Waar God Sy skoonheid wys, word jy vergewe …

Daar waar die sinkplaat jou vat
verby die Brandberg binne die Gobobos in.

Verby Amatismyne en klipkappers wat hoop,
wat die volgende gelukkie sal bring.

Langs die rots waar die Ai-Aiba jag maak om te oorleef.
en die varkie hom tuis maak tussen mens
om ook na sy deel te streef.

Tussen skelm kronkels wat styg en skielik wegsak
om jou maag te laat draai …

Okombahe verby.

Tot waar die son sy kop in skaamte sak agter die Brandberg …
tot more toe …

En die reisigershoop jou gretig laat gryp na klip
om ook deel te word van die monument.

Om dan n pizza te kan deel met Basil,
die ou legende van die Brandberg.
hy sal jou vertel die berg is honderd en dertig miljoen en 15 jaar oud.

Op die ou tinmyn se hoop kyk ons wes en kry koud.

So het Damaraland my verlief gemaak op sy son,

sy skurwe klippe,

en ook sy berg.

Waar is jy dat ek jou my tuin kan wys?
kom gou …
die tyd is nie op onse lys

EPENETUS © 2020