5 thoughts on “Nasionale Waltons-Griffelkompetisie 2020”
KORTKORTVERHAAL
Wie is my pa?
Op die stoep van ‘n verslete skakelhuis, in ‘n ou voorstad van Johannesburg, sit ‘n middeljarige man op ‘n stoepstoel en en staar na die sakdoekgrootte erfie reg voor hom. Van ‘n grasperkie is daar nie juis sprake nie; plek-plek lê lappies grond skurf en ontbloot. Sommer daar skuins voor hom is daar darem een boompie (‘n perskeboompie) wat nou in die laatherfs maar kaal lyk – die takke gryp soos arms na bo, so grotesk. Onder die boom is daar ‘n geprakseerdie voëlbad: ‘n tuinkabouter met ‘n ploegskaar op sy kop. Tog is die omgewing hier benouend; die verskillende skakelhuisies, afgedop en krake in die mure en die erfdrade plek-plek weggedra – alles staan in die teken van aftakeling. In die huisie sit die man se ou moeder wat rook en rook en rook rerwyl sy op n stokou TV onbelangstellend n storie dophou. Dit was n rukkie gelede tyd vir haar pyndrankie. Die man het, voordat hy hier kom sit het, opgestaan om dit aan te maak. Die goedkoop brandewyn kom so halfpad in die bierglas, waardeur n bars loop, dan skink hy n halfkoppie daggatee by, dan vyf geel pynpille wat morfien bevat. Om Ma se doepa goed af te rond, word ‘n goeie skoot hoesmedisyne sommer na skatting bygegooi. So pas hy sy ma al vir sewe jaar op om haar te help om die pyn in haar verslete knieë af te weer. Dan met die drink van daardie konkoksie, smelt die verskriklike pyn in die knieë weg en die ou tante gaan dan op ‘n heerlike trip waar sy hallusinasies ervaar en haar verbeel sy maak kontak met allerhande mense in haar verlede. Maar hier sit hy nou – hy sit vir die laaste keer hier. Môre trek hy by ‘n plakkerskamp in waar n mens nog meer blootgestel is aan wind en weer en honger. Sy ma het hom weggejaag, want hy het haar so ‘n week gelede gevra wié sy pa is. Sy het haar gruwelik vervies en in woede uitgebars dat sy nie weet nie, want het sy gesê, sy moes ‘n bordeel in hierdie huis bedryf om n geldjie te maak en hy is n hoerkind. Daarom is dit onmoontlik om te weet wie sy pa is. Sy suster (wat net sowel sy halfsuster kon wees) kom môre om haar te kom oppas. In die perskeboom gewaar hy n klein laatvrug perske. Hy pluk dit en eet ‘n laaste keer van die boom.
Beste Adrian, dankie vir die mooi skrywes – maar jy kan hulle gerus weer plaas as ‘n nuwe konsep onder jou eie profiel. Gaan net na die plus + teken bo aan jou indeks en kies nuwe konsep. Daar kan jy met geruste hart jou eie artikels skep en plaas.
my lief, as ons kon
sou ek op die wit sand
van ‘n namib strand
jou hand vat en jou
op ‘n staptoggie neem
langs die atlantiese oseaan
om vry die helende
soutluggie te kan adem
en om die helende wit sand
aan ons voetsole te voel –
In die spoeling
van vlak watertjies
neem ek jou in my arms
ek soen jou intiem, en weer
tot ons tonge saamsmelt, sjoe
dan trek ons weer ons crocks
aan en besoek die spoggerige
restaurant aan die punt
van jetty ver bo-oor die see, inwaarts
ons eet gebraaide
kingklip en vul dit aan
met die beste wit wyn
om ons dringende liefde
te vier en ek sien jou oë
wat my glansend verlei
O Swakopmund, jou magic
speel deur my lyflikheid
.
Hi Adriaan – Vir die Griffel Skole kompetisies is Nicolette Harmse die aangewese persoon.
Om tot die blad se artikels by te dra is so maklik soos 123. Jy skep eenvoudig jou eie artikels en plaas dit. Kontak my per fb boodskapper as ek jou met die wegspring moet help.

Groete
Meraai
AAN MY LIEFLING
my lief, as ons kon
sou ek op die wit sand
van ‘n namib strand
jou hand vat en jou
op ‘n staptoggie neem
langs die atlantiese oseaan
om vry die helende
soutluggie te kan adem
en om die helende wit sand
aan ons voetsole te voel –
In die spoeling
van vlak watertjies
neem ek jou in my arms
ek soen jou intiem, en weer
tot ons tonge saamsmelt, sjoe
dan trek ons weer ons crocks
aan en besoek die spoggerige
restaurant aan die punt
van jetty ver bo-oor die see, inwaarts
ons eet gebraaide
kingklip en vul dit aan
met die beste wit wyn
om ons dringende liefde
te vier en ek sien jou oë
wat my glansend verlei
O Swakopmund, jou magic
speel deur my lyflikheid
.
in ‘n fabulous hotelkamer
digby die strand
vroetel ons in die king size bed
en vry tot jy nat word
dan maak ons liefde
tot ver die nag in –
tot salige vredigheid –
dan versmelt ons in
in arms en bene
en syfer ons weg
in hemelse drome
my lief as ons kon
©Adroux
Ek sou graag aan julle projekte wou deelneem.