Nasionale Waltons-Griffelkompetisie 2020

Uit die pen van Christo Boshoff (WAP) – 1ste plek in die kategorie “Digkuns Graad 10 – 12”

Donker-Afrika

Waar anders skyn die son so helder blou
oor vlaktes waar vlamme in sirkels dans terwyl krieke
met tonge hulle klik-klak deur die lug sing; en Afrika skree
skreeu die name van hul vryheid – Namibië en Eritrea en Senegal
 
gryslande met
goue hemele en diamant
sterre wat vlaktes oorstrek
vol ontelbare diere
 
en gulsige leeus wat die
grond swart vlek met
die bloed van die kinders
van die donker kontinent
wat net met één
 vervloekte woord
mag vergelyk word:
 
potensiaal
 
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.