DIE WEEFWERK KNOOP AL HOE HEGTER!


Tydens ‘n onlangse NETWERK-werkswinkel, vernuftig gefasiliteer deur Anton du Preez, is heelwat los drade vasgeknoop rondom netelige kwessies soos:


• HET NETWERK GEVORDER?
• WAAR STAAN NETWERK?
• WAARHEEN IS NETWERK OP PAD?


Met flinke debatvoering is ooreengestem dat daar sekere hegsteke is wat losgetorring moet word, nl.:

• Sny aan ‘n aanhoudende terugkyk in die truspieël
• Weg met binêr-polarisasie
• Weg met ‘n martelaarshouding van “lyding a.g.v. die verlede”
• Weg met boelie soos jy-moet-dink-soos-ek-dink
• Weg met defensief-opportunistiese denke


NETWERK se IDENTITEIT is:
• Christus
• aanpasbaar
• bruikbaar
• gasvry
• inklusief
• innoverend
• Namibies-Afrikaans
• respek
• tegemoetkomend
• waarde-toevoegend
• relevant


NETWERK onderneem om positief skakeling te bied op terreine soos:
• onderwys
• jeug
• kultuur: taal & kunste
• finansies
• sakebedryf
• media
• maatskaplik
• tegnologie


Kontak Elizma Theron vir nadere besonderhede.
081 122 4110
admin@netwerk-na.org

Gepubliseer deur

Meraai

Net nog 'n kaalvoet dromer van die Namib.

9 kommentare op “DIE WEEFWERK KNOOP AL HOE HEGTER!”

  1. Dankie vir hierdie platform Meraai. Ek dink dis eenvoudiger as Netwerk se BitRix forum. Ek hoop ons mense gesels lekker saam.
    Ek dink kort video’s oor hoe lekker Afrikaans gepraat word deur baie mense in ons land kan aangehaak word, oud en jonk, noord en suid, Kalahari en kus.
    Verslag oor hoe gevorder word met die idees van die kongres sal lekker wees op hierdie forum.
    Afrikaans oorsee. Hoeveel praat nog Afrikaans in Engeland, Kanada, daar Onder en in Afrika?

  2. Hiermee word almal hartlik uitgenooi om jul idees te gee en saam te gesels oor die toekoms van Afrikaans. Jy het nie nodig om in te teken om kommentaar te lewer nie.

    As deel van die Netwerk gaan ons die bestaande DNS as wegspringblok gebruik om Afrikaans intensief te bevorder en innoverend te “bemark” hier uit Namibia tot regoor die wêreld. Wat ek van julle wil hê is idees oor hoe ons die sosiale media kan gebruik om Afrikaans op ‘n nuwe moderne manier te versprei wat die aandag van ons jongmense sal vasvang. Wat by die nuwe geslag ‘n trots en belangstelling sal laat ontstaan.

    In bogenoemde sal DNS (Onder Sosiale Media) nou saamwerk met die fasiliteerders van Sake en Tegnologie. Dit beteken dat indien ons hier ‘n Briljante PLAN kan uitwerk, sal Tegnologie ons help met die uitvoering en Sake ons help met die finansiering daarvan. So, gooi daai drome en idees, daar is bekwame mense in plek om dit te help waar maak.

      1. Heerlik – as ons die ander kan kry om hier saam te gesels dan kan ons ‘n GESPREK aan die gang sit. Laat weet my asb of jy ‘n notification vir die antwoord kry.

      1. So bly! Hier kan ons lekker gesels. Die eerste kommentaar vat bietjie tyd, want ek moet eers goedkeur, maar sodra jy ge”whitelist” is, dan kan jy laat waai.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.