DIGKUNS GR. 10 – 12 #2
Griffel Wenners – JUANNé SCHLECHTER
My hart verlang
Wanneer die verlange te veel raak
weet ek dat jy êrens is.
Êrens met jou gedagtes
én
ek met myne.
Wanneer die verlange te veel raak
raak my gedagtes stil en
begin my emosies my oorweldig.
My woorde raak min
my leë ruimtes word meer.
Wanneer die verlange te veel raak
dink ek altyd terug
aan ons herinneringe,
die goeie en slegte tye
tye wat ek vir altyd sal koester.
Wanneer die verlange te veel raak
weet ek dat ek nooit regtig tuis gaan wees nie,
want ‘n gedeelte van my sal altyd
by jou bly.
