DIE SKRYFSPORE GRIFFEL VOORT!


Beoordelaars wat die afgelope jaar betrokke was, is dr. Nicolene Woest, Petronella Genis, Susan Alexander, Ina van der Walt, Henriëtte van Wyk, Anneli van der Merwe en Nicolette Harmse.


Die kompetisie verloop jaarliks as volg:
Die inskrywers kies self ‘n tema onder die genres: kortkuns (beskrywing, mymering, dagboekinskrywing, dialoog, skets, miniverhaal, ens.) asook poësie.


Elke genre bestaan uit die volgende kategorieë:
• Grade 6-7 (Senior Primêr) maksimum 500 woorde, maar Digkuns gr. 5-7
• Grade 8 en 9 (Junior Sekondêr) maksimum 700 woorde
• Grade 10 –12 (Senior Sekondêr) maksimum 1000 woorde.
(LW: die woordbeperking is natuurlik net van toepassing op die genre: kortkuns.)


Die pryse op die spel is die volgende:
• Elke eerste plek: N$1000,00
• Elke tweede plek: N$700
• Elke derde plek: N$500


Die sperdatum vir inskrywings lê so rondom 30 Junie. Voornemende inskrywers word nadergehark dmv onderhoude op Hartklop FM.
Terselftertyd word alle vakhoofde van talle skole en privaatskole in Namibië landswyd deeglik dmv ‘n inligtingstuk tesame met ‘n inskrywingsvorm op hoogte gebring.


Die wenners word gewoonlik in Oktobermaand aangewys. Beoordelaars lewer skriftelike terugvoering wat aan die deelnemende skole beskikbaar gestel word.


Die wenstukke word in WAP se kommunikasieblad, die WAPRANT, gepubliseer asook op die skool se webblad geplaas. ‘n Eerste vir vanjaar is die plasing van die wenstukke in DIE NAMIB SKRYF, ‘n kuberblad wat ‘n platform vir veral opkomende skrywers bied.


“Dit was ’n plesier en voorreg om die digkunsstukke te kon lees en te kon beoordeel,” aldus Henriëtte van Wyk (stigter van die skryfkompetisie) en Anneli van der Merwe, die beoordelaars van Digkuns gr. 10 – 12. “Daar is kragtige potensiaal en ons moes behoorlik fyn kyk om in die gelyklopende gedigte die wenners aan te dui! Verfrissend was prosa-poësie inskrywings. Ander benamings daarvoor is praat-poësie of verkapte prosa.”


KORTKUNS:
Gr. 10-12
1ste plek: Ek móét daar wees deur De Wet Oosthuizen van WAP, Windhoek
2de plek: Genadelose genade deur Susanne du Toit van WAP, Windhoek
3de plek: Pietronella tot die mag 3 deur Annemarie Booysen, WAP, Windhoek
Gr. 8-9
1ste plek: Stilte na die storm deur Karli Rudolph van Walvisbaai Privaat Hoërskool in Walvisbaai
2de plek: My kaalvoetdae op die plaas deur Engela Genis, WHS, Windhoek. (Sy het ook die derde plek verower, maar op grond van die kompetisiereëls, ontvang sy slegs haar beste prestasie.)
3de plek: Dis nie hoe lank nie deur Juan Botha, WAP, Windhoek
Gr. 6-7
1ste plek: Ontdekking deur Ida Schaaf van Whk Gymnasium, Windhoek
2de plek: Daar is nie meer werk nie deur Luca Coffee, Windhoek Gymnasium, Windhoek
3de plek: Krisis deur Konrad Ries von Bergen, WAP, Windhoek
DIGKUNS:
Gr. 10-12
1ste plek: Glimlag vir die maan deur Jana van Zijl van Pro-Ed Akademie, Swakopmund. (Sy het ook die tweede plek verower, maar op grond van die kompetisiereëls, ontvang sy slegs haar beste prestasie.)
2de plek: My hart verlang deur Juannè Schlechter van Pro- Ed Akademie, Swakopmund
3de plek: 10 000 Voet deur Melissa Nel van Edugate, Otjiwarongo
Gr. 8-9
1ste plek: Papawerkind deur Karli Rudolph van Walvisbaai Privaat Hoërskool in Walvisbaai
2de plek: Alleen deur Beatri Turner van WHS, Windhoek
3de plek: Straatligkinders – Zoë Veldsman van Privaatskool Moria, Outjo
Gr. 5-7
1ste plek: Reënwolke deur Gerhard Becker van WAP, Windhoek
2de plek: ‘n Boek deur Wilhelm Pieterse van WAP, Windhoek
3de plek: Boelies deur Carissa Steyn van WAP, Windhoek


Berig geskryf en Taalversorg deur Henriëtte Louw van Wyk

Gepubliseer deur

Meraai

Net nog 'n kaalvoet dromer van die Namib.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.