Wat Is Jou Leed se Naam

(Jan N. Alleman)

Gister was ‘n donker nag!

Dood het spykers

Deur ‘n hart gekloof.

Ons almal weet,

Maar

Niemand ken die omvang van die leed.

Elke wroeging dra ‘n ander naam

As jou’e, vriend.

Gepubliseer deur

Jan N. Alleman

Ek is Jan: My hartland is dié dorsland, hier waar duin en see-in ’n liefdesverhouding lê. Waar bos en bok skugter wegkruipertjie speel. Waar mens maar net ’n kuier-kind is. ’n Kuier-kind wat lewe vind wanneer hy stil raak en op sy knieë sak. Ek is Jan: Ek skryf oor die goeterse en gevoelens wat alleman mee ploeg. Ek skryf dit op 'n ander manier. Ek is net Jan N. Alleman...

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.