Ook vir my!



Saggies deur haar hare streel n sagte wind .
Stil sit sy daar, staar die verte in.
Dis haar ‘alleen’ plekkie, waarheen sy altyd kom as alles te veel raak.

Die dae is trietsig en klam.
Die koue vat vat aan haar vel sagte vel.
Vir ure kon sy so ver weg in haar eie wêreld verdwyn.
In haar eie wêreld waar sy veilig voel.
Waar niks en niemand op daai oomblik saak gemaak het nie.

Soms draai haar gedagtes na haarself, dan rol die trane oor haar wange. 
Die nat strepies vang die koue vas, maar sy voel dit skaars.

Die mis van die aand se koue maak haar sagte vel klam en koud.
Dis n ‘diep klam’ maar amper lekker koue.
Die trane rol sonder keer, en sy is in haar eie ‘ ek ‘ plekkie.

In haar swaar hart verlang sy vanaand daai soort verlang.
Die soort verlang na iemand wat sy nie ken nie.

Uit die niet kom sit die mooiste klein voëltjie hom voor haar neer.
Dit ruk haar terug na nou, na die werklikheid.

Stadig vee sy die trane met haar koue hand van haar sagte wange af.
Met n sagtheid in haar oë en n sagte, amper skelm, glimlaggie kyk sy na die voëltjie.
Ook vir my, dink sy….. ook vir my!
Met n baie ligter hart staan sy op, en is reg om die volgende berg te versit.

eie foto

Een gedagte op “Ook vir my!”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.