Die Namib Skryf – sonder grense

Waar Afrikaans bymekaarkom

Grassade

0 $

Soos grassade in die wind
Is die liefde wat mens vind
So beeldskoon – in kleure getooi
Mens verwonder jou aan die mooi

Soms as die wind die gras so waai
Maak jou gedagtes n verre draai
Jy onthou die lag, die speel
Mooi tye saam jou kinders gedeel

Jy voel die warmte in jou hart
Dan slaan die seer jou weer plat
So waai die gras heen en weer
En jou hart bere dan die seer

Jy sien hoe hulle dans in die wind
Elke oomblik sal jy hul in jou hart vind
Party is ver, ander weer naby
Hul kind wees dae, al lankal verby

Kom winter en die gras “verdwyn”
Dit laat n dorre sagte bruin
maar dan kom die eerste reen
Vol kleur, vol liefde vir elke-een

Related Posts

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

Translate »