Die Namib Skryf – sonder grense

Waar Afrikaans bymekaarkom

Die bankie

0 $

Ek is geel, groen, rooi Bankie
Vir jare al staan ek hier
Eensaam is ek beslis nie
My dae, een groot plesier

Daar was Oupa en sy kierie
Statig, stadig, met Ouma aan sy arm
Styf teen mekaar hier gesit
Hul liefde vir mekaar nog warm

Ek dink nou ook aan die jongman
Sommer so neergeval hier bo-op my
Soort van netjies aangetrek was hy
Maar die ergste stank wat jy kan kry

Mammas kom met hul kinders hier verby
Al gillend, soos ‘n warrelwind bo op my
Mamma, sit tog die selfoon neer
Kon sit hier by my, net hierdie een keer!?

So was daar dan ook die boemelaar
Op my geslaap, gesit, gelê
Met die mooiste stem kon hy sing sowaar
Sag heen gegaan terwyl hy die mooiste gebed opsê

So, baie stories het ek wel
Baie stories om te vertel
Hier op my plekkie staan ek sterk
Om vir baie jare nog te werk!

Related Posts

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

Translate »