Die Namib Skryf – sonder grense

Waar Afrikaans bymekaarkom

Ai my ai

0 $

Ek skree op jou
Jy skree op my
Want ons kan nie lekker hoor nie

Jy is blou
Ek is blou
Want ons kan nie lekker sien nie

Ek groet haar
Jy groet haar
Maar sy groet nie terug nie

By die dans walz ek
By die dans walz jy
Maar dis nie ‘n walz wat speel nie

Ek gaan slaap vroeg
Jy gaan slaap vroeg
Maar dit is nog nie aand nie

Ek drukkie jou
Jy drukkie my
Ek en jy: vir nou, vir ewig, vir altyd

Oud word is nie vir sussies nie!

Related Posts

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

Translate »