adiós y aureola

OUJAARSDAG 2018 …

Soos die uurglas se sand uitloop, loop die minute van 2018 uit … Met ‘n mengelmoes van gevoelens kyk ek terug op hierdie jaar. Die jaar het verbygesnel waar dit tog soms gevoel het of die dag nooit einde wil kry.

By tye ‘n “klipperige grondpad”-jaar en by tye “sweef op die wolke”-jaar. As mens gespaar word om aan die einde van nog ‘n jaar stil te word en terug te kyk op die jaar wat was, slaag jou binneste ‘n sug van verlugting …

Soveel om voor dankbaar te wees – soveel om oor opgewonde te wees, ja – met tye het dit gelyk of die donker wolke op jou lewenshorison geen silwer randjie het nie – maar as ek vandag terugkyk, besef ek: ek is deur die minder aangename tye.

Wanneer ek stil word en asem skep – besef ek weereens: God is en bly in beheer … niks gebeur sonder ‘n rede of sonder Sy wil, al lyk dit dikwels vir ons nie so nie.

As ek dan terugkyk en ek beskou my voetspore in die sand is dit met groot dankbaarheid dat ek vol verwagting vorentoe kyk en opgewonde die nuwe roete in jou geestesoog sien …

Nuwe jaar …

Nuwe begin …

Nuwe kanse …

Hiermee vaarwel aan 2018 en hallo aan 2019 …

Marlene Erasmus

31/12/2018

Gepubliseer deur

MarleneErasmus

Tuisteskepper, ma en ouma ... Getroud met 6 kinders en 5 kleinkinders. Ek is versot op fotografie en lewe in woorde ...

Een gedagte op “adiós y aureola”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.