Vir VM

vir VM

hier is die pad

 

huiswaarts op of af wie weet

 

waar ons mekaar vermis

 

geleidelik te veel

 

voor hekke van verveling afgelei

 

waar die vraagteken jou huisves

 

die noord en wes uit jou kompas

 

breek

 

hier is ʼn pad

 

kronkel klein en verwag

 

ek skil hom sonder jou

 

met die dreun van die meesters

 

Bach nr. soveel snit op.

 

met nuwe gesien ore

 

lied gevind en verloor

 

dap eid si reih