om die waarheid

Om die waarheid
sal ek’ ie skrik,
van hoe se en wie se en
wat gesê van leeg lat lê
dis ʼn oorvol gedruk,
my klein ding vergifnis
daar in die hoek
sommer nou belangrik gevloek

 

wat my nou net gebeur het, o treur
het met jou gebeur en toe
dit alles om ‘n veer …
kruis woord, huis besoek
hier lê ons tale dwars oor die tafel
dronk van geregtigheid
vrot gemoed
o wee

 

vader, geen geheim of raaisel meer
dis as of die wêreld
drie keer weer uit sy dop
loop ting-tingkie speel
en almal glo opnuut daar in,
van voor af verbeel 
en verder galop

 

om die waarheid
sal ek’ie skrik,
al kom jy hier aan riet uitgeknip
pou oppie toring se punt
later gaan jy tog maar saam
stadig en gebukkend voort
nes ons ma vanaand

 

Dirk Van Agter

Gepubliseer deur

Dirk

Dirk Van Agter is n' fotograaf, Afrikaanse sanger en skrywer. Hy is tans n media en informasie spesialis by n Hoër Skool in die West Kaap.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.