Blou agter alles
Blou agter alles
alles wat val of al verval is
die Pierneef bome die doring draad visier
die maan wat krom is, kom maak n draai by die skuur
fluister deur die sinkplaat dak
blou agter jou geel streep gordyne
dronk gedroom agter glas-metaal koesyne
n’ wereld waar kans jou kom kry, n’ kringloop verdeel,
so blou gesleep van son-op na son-sak
uitgeasem teen die nag se keel
dis alles vir tickets my vriend vanaand
in die nek omdraai straate waar ons loop
daai kraai skreeu al jaare deur die stad se snare
en sing en boei alles te same – en nou
is dit blou agter die donker traalies binne my
en rou nes n pes rooi miere
vokkie res na vryheid of nuwe naam
in skaduwee geweete ver hier vandaan
niemand bel meer uit Betlehem
goor lui die gooie ou roepstem , ..this number does not exist
wat doen n hoer met dit?
Dis blou agter al die berge uitgeknip
so sweef die lang pad horizon, land psalms van leemte
snik en verduur die gisis van die son – teen 140km per uur
n teen middel vir n halwe hip-hop kultuur
tot uit uiteindelik die reen, sug
verlossing uit die moeder speen
val tot alles kiewiet van padda na klipspring
uit die modder geraamtes groei weer vis
wat ooit was is weer nuut
bring bo alles wat eens onder was
ons kyk deur vasem vensters verslae
van hier gehuil tot berg af see toe
blou agter alles, soms rigting onseker
tog hemels, en duidelik
blou agter alles
Dirk Van agter