HANDE

Foto: Ekke Aandiestrand

Ag Jirre, ekke wonner of U se hanne lyk soos myne? U loop soek gedurig na ‘n skaap of ‘n bok wat verlore geraak het en dan tel U vir daai bok op in U se sterkke grote hanne en dra vir hom terug na U se kraal. U se hanne het die aardbol gemaak, die klippertjies, die boompietjies, die dassies en die hasies en die Gemsbok vannie groot sand wêreld. My se hanne is vol dik velle van vashou aan ‘n graaf en ‘n stok. Net soos ekke ‘n skuilte gemaak het vir my vrou en kinners so het U se hanne vir ons almal ‘n skuilte gemaak en ‘n Kameeldoring virrie koelte. Jirre U se hanne vat ok sag want as onse harte pyn vat U se hanne sag die pyne weg. Jirre segen myse hanne solat hulle nog lank hulle vatte kan vat en hulle se make kan maak. Amin.

Sanet Bezuidenhout

Gepubliseer deur

Sanetbez

Hi ek is 60 jaar jonk en van plan om tenminste 150 te word! Is mal oor die natuur, ( oud Natuurbewaringsbeampte) Kook, mense en lees. Skryf is vir my soos asemhaal en as iets in my kop maal moet dit uit!

Een gedagte op “HANDE”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.