Namibnuus en Artikels
Ons is nou op die stadium waar die skrywers wat sover opgeteken het, elkeen sy eie blad het en in rus en vrede hul blad kan versorg.
Maar ons kan nie daar gaan stilstaan nie. Om mense te lok wat weer en weer terugkom – nie net as besoekers nie, maar as intekenaars – het ons jul samewerking nodig om die blad interessant te maak en te hou.
Daarom gaan ek nog ‘n afdeling inbring:-
Groete en Goeters:- hier soek ek asseblief gereelde bydraes met foto’s en videos van interessante en mooi dinge wat in jou dorp of area gebeur.
Nie net in Namibia nie, maar van oral in die wereld waar ons Afrikaanse skrywers hulle mag bevind.
Jy kan jou artikel of nuus direk plaas as ‘n nuwe Post – of jy kan die inligting vir my vonkpos en ek sal dit laai.
Gebruik die kitspos gedeelte by “Kontak” ons of stuur dit direk aan my.
Opskud – ek wag!
Namibgroete
Meraai
Ek kon darem tot hier kom het jou storie en Johann sin gelees
Wonderlik – jy is mos ‘n aanhouer en vasbyter. Dis vir my mooi as ou honde nuwe truuks leer. <3
Soos gisteraand se Ink-Gala, ons gaan seker foto’s kry nê? Gaan daar nie dalk ‘n klankopname wees nie … ons het mos darem ‘n lid onder die hooflig gehad?
Ek dink dis ‘n briljante idee – Ons gee hul vandag kans om bietjie te rus, maar van more af pes ek vir Anze en Estelle om inligting te stuur of te plaas.