Die Namib Skryf – sonder grense

Waar Afrikaans bymekaarkom

DNS Woeker!

 

Sjoe (vr)ouens! Ek is nie seker wat en hoe dinge besig is om te gebeur nie ?! Dis absoluut fenomenaal.

Ek het presies 2 weke terug met die idee van die blog en ‘n blad vir elke skrywer begin. Van die 40 skrywers wat nou elk ‘n blad op die blog het – is omtrent 30 gelink aan splinter nuwe Fb Skryfblad.

Tussen hierdie 30 nuwe skryfbladsye is omtrent 25 aktief aan die skryf.

Tussen hierdie 25 het hul ‘n gesamentlike like en following in bietjie meer as ‘n week opgebou tot oor die 3000.

Mense – dis 3000 mense daar buite wat honger is vir stories en gedigte en sketse en slagspreuke in Afrikaans.

Dis 3000 plus mense wat nooit van mekaar gehoor het of geen gemeenskaplike skakel gehad het nie – wat nou almal onder een dak vergader! DNS het hulle bymekaar gebring.

Nou is die tyd om julle volgelinge aan te moedig om op die blog te registreer en die ander skrywers ook daar te ontmoet en te lees.

Op die blog is almal saam in een plek en die lesers kan net van blad tot blad blaai om te “binge” aan heerlike Afrikaanse skryfgenot.

Gebruik die blog se “Like” en “Share” knoppies mildelik asseblief.

Die eerste lotjie se publikasies is reeds geplaas. Kliek net onder Kategorië op Publikasies en daar is almal sommer op een plek bymekaar.

As jy op die Openbare Kletsplek kliek – Direk op die hoofopskrif – dan is daar ‘n plekkie waar jy kan kommentaar lewer en sommer net kan gesels oor enige ding wat op jou hart is.

Julle maak my trots en die lang ure deur die nag se werk dra soete vrugte.

As hier nog enige van die ander skrywers is wat op die webblad wil inskakel – laat weet my.

En as daar van julle is wat jul publikasies op die blog wil adverteer – stuur jou boek/bundel (s) se besonderhede na meraai@namibskryf.com.

Jy hoef nie op die blog of webblad geregistreer te wees vir my om jou publikasies te plaas nie. Dis oop vir almal op DNS.

Lekker skryf en lees – Ons plaas nuwe woema in Afrikaans.

 

Related Posts

En Tyd Vlieg – Onthou Jy Nog?
Die Meester van Verdwaal
Vrees is die moordenaar.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

Translate »