My liefde is nie pyle uit ‘n boog nie
My liefde is nie...
my liefde is nie pyle uit 'n boog nie
my liefde vir jou is diep voue in my aardkors
in flennie vou ek jou frummellyfie
in die voue van my bors bêre ek jou
en voed jou wit goud
ek laat jou neerlê in my lyf se boog
gespan vir elke asemteug
my boog skuil skerpskutter in die nag
ook in die dag kokon ek jou
maar soos boë van jou mates ontvou,
larwespartel jy teen my
pyle tong ek op jou
tot jou bang kokon verfrummel en, geskud
tot in my aardkors, ek my lyf om joune doekvou
om my pyle af te weer.
©Marieta McGrath
Pragtig. Ek sal hom op jou blad moet inbring.