Phoenix
Die son se blas en bleek gety
laat lyf- en sielseisoen gedy,
asem-wasem
bloed uit klip
Tyd
wat soos water deur my vingers glip.
My nuwe hemel kom
My wegkruip-mure is weer afgebreek-
om in te nooi
dit wat ek vir so lank wou vergeet.
Die troebelbrak
en bibberbang
sal steeds in die nag vir my kom vang,
maar ek is gewapen
met krygerskleed
en moed en sweet,
en weet,
en wéét...
©ANGELHEYNS
SEPT 2017
Pragtig – ek het net gou daai Ingelse voetnota gaan uithaal, jou gedig in die regte kategorie geplaas en jou prentjie bygesit.
Baie dankie xxxx