Om op te Gradeer na Bydraer
In die laaste paar dae het ons amper 50 nuwe aantekenaars (subscribers) by gekry.
‘n Aantekenaar kan slegs lees en kommentaar lewer . Niks self pos of plaas nie.
Om op te gradeer van ‘n aantekenaar na ‘n bydraer (contributor) is eenvoudig – stuur net ‘n vonkpos deur ons kontak blad en vra aan vir gradering. Vertel wie jy is en van waar – en ons oorweeg jou aansoek.
As bydraer het jy nog nie jou eie blad nie – maar jy kan op die Blog pos.
Dit is gratis.
Namib groete.